Die lewe…

En so gebeur dit dikwels dat mens tot stilstand geruk word deur merkwaardige gebeure in jou lewe wanneer jy dit die minste verwag of kan bekostig…

Sulke dinge gebeur gewoonlik met ‘n doel en sodat mens perspektief op die lewe kan hou wanneer die realititeits televisie – sindroom jou lewe oorneem en jy self die mooi dingetjies begin glo wat ander aan jou toedig…

Die reis na selfondersoek is soms ‘n onstuimige een op ‘n pad vol slaggate en hindernisse wat die gewone sterfling nie op voorbereid is nie, dis hoe jy daai paadjie stap en wat jy met die verskillende uitdagings doen wat die lewe soms onseremonieel opdis, wat die verskil van mens tot mens maak en wat van ons elkeen jou eie unieke mens maak…

En so het dit vir my uiteindelik tyd geword om lank en hard te staar na die ou in die spieel wanneer ek na nog ‘n slapelose nag myself uit die bed sleep om nog ‘n dag in die oe te kyk en my gelukkige gesiggie op te sit.

Die gesig in die spieel begin nou definatiewe tekens toon van die verskillende emosies wat ek tydens my 41 jaar op hierdie aarde beleef het, elke glimlag en elke traan laat ‘n merk en kom ets iets op jou gesig byna sonder dat jy dit agterkom, en kom saai die saadjies van wat later die oes sal word waaraan mense jou sal oordeel.

Dis my reis en dis waar ek myself tans bevind….

Do I like the man in the mirror? I’m still finding the answer, but for now….it’s the only one I truely know…. and that will have to do.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Die lewe…

  1. Ina says:

    Al die dinge wat met ons in die lewe gebeur, gebeur om ons terug te ruk na die werklikheid. Ek het die volgende van iemand per mail ontvang en wil dit met jou deel

    Believe that you’re special, through the hurt and the pain, for sunshine will come, after the rain. Hold on to your dreams, let them not die and live not in torment by questioning why? The answers are somewhere and sometimes unkind, with so many reasons you will never find. Be true to yourself, DON’T be what you’re not, for often you’ll find, you’re all that you’ve got. Don’t become battered by games people play and don’t take to heart what others may say. You’ve got so much life and so much to give, go out and enjoy it, go out there and live! Though heartaches are many and tears they will flow, the more that you live the more you will grow. There are MANY that love you, DON’T ever forget, let the past be a lesson, you do not regret!

    Ek moes verlede maand met die skool verlaters van die Jakaranda Kinderhuis gaan praat om hulle te motiveer vir die lewe na die kinderhuis in die groot mens wêreld en ek het die volgende vir hulle gesê en ek hoop regtig jy lees my briefie want ons het al sovele kere in die verlede vir jou gesê ons gee om vir jou en dink baie aan jou maar die harde werklikheid is dat jy jouself altyd eenkant hou en nie graag uitreik na die mense wat werklik vir jou omgee nie.

    Leef voluit en streef jou drome na!!!

    In” Deu 30:19-20 staan geskryf “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die LEWE, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee”.
    My motto in die lewe is dat die lewe is wat jy as mens daarvan maak. Elke mens is verantwoordlike vir sy eie geluk. Geen mens kan ‘n ander gelukkig maak nie, al probeer mens hoe hard. Geluk kan nie aan ‘n voorwaarde gekoppel of gekoop word nie.
    Geluk kom van binne elkeen van ons. As ons van onself hou en gelukkig in onsself is, saai ons onselfsugtig die vrugte daarvan.
    So bring ons dan die geluk wat in ‘n ander een is, uit.
    Dit is die geluk, vreugde en vrede wat God aan elkeen van Sy kinders in liefde skenk.

    Liefde

    Ina