Wimpie Records…

Raymond Ray nr. 7 op die beste verkoperslysie aan die Oos Rand...

Raymond Ray nr. 7 op die beste verkoperslysie aan die Oos Rand...

Klipdrift BOTB's 2008... by CNA

Klipdrift BOTB's 2008... by CNA

Wimpie Records is nou nie so lank in besigheid dat ons die groot kanonne kan skrikmaak nie, maar dis darem nice as jy in twee verskillende CD winkels kan instap en jou produkte op die rakke raakloop.

Raymond Ray is nommer 7 by die Lakeside Mall wat CD verkope aanbetref en die Klipdrift Battle of the Bands 2008 CD verkoop ook fluks in die CNA.

Dit bring my by die Klipdrift Battle 2009 en of ek weer ‘n CD van die Top 12 gaan laat maak die jaar….

 

Ek is nie seker nie en is nog besig om daaroor te dink, dit laat natuurlik ook die vraag of ek dalk lus is vir ‘n DVD van die hoogtepunte van die semi’s en natuurlik van die final….. uhm met Just Jinjer.

Soveel besluite om te neem, nou ja kom ek die volgende paar dae hieroor gaan dink en dan kyk of dit besigheidsin maak.

As jy Sondagaand se onderhoud met myself en die bands in die final op 94.7 Homebrew gemis het en jy wil graag hoor wat Ard Matthews van Just Jinjer te se het oor hulle vertoning by die final….. hier is waar jy kan hoor wat se Just Jinjer oor hulle show by Carnival City Saterdag:

Vanoggend (Dinsdag) op 94.2 Jacaranda saam met Darren Scott om 07h10. Woensdagmiddag 13h00 – 14h00 op UJFM, Woensdagaand om 19h30 op Tuks FM saam met Barney Simon op die Top 10.

Almal is besig om kliphard te oefen, hierdie final gaan ‘n grootte wees, ek sien uit daarna!

Wimpie

This entry was posted in Wimpie Records. Bookmark the permalink.

3 Responses to Wimpie Records…

  1. Yolandi says:

    Trots op jou!

  2. nickey says:

    puik!!!!!!!