Woza 2010! RIP Micheal Jackson…

Ek is nie groot op sokker nie, ek kyk die Europese Beker elke vier jaar, ek kyk die wereldbeker elke vier jaar, ek skreeu in albei gevalle op en nie vir hehehe,  Holland, en dis omtrent dit wat my sokkerverwysingsraamwerk aanbetref.

Ek is ‘n rugbyman, lekker Saterdag weer op en vir die Springbokke geskreeu, ek was trots toe die manne die Leeus kan kafdraf, maar ek is bietjie die wetter in vir Suid-Afrikaanse rugby, ek gaan nou vertel hoekom.

Voor ek daarby kom wil ek net waarsku dat volgende jaar se wereldbeker sokker ons gaan tref soos ‘n weerligstraal, die tafel is gedek en Bafana, Bafana het gewys dat onder die afrigter Joel Santana staan hulle ‘n kans om groot marakas te maak en die rekordboeke te herskryf.

Hierdie Suid-Afrikaanse spannetjie kan saam met die groottes gesels, hulle vertoning gister teen die magtige Spanje het my groot hoop gegee vir die 2010 partytjie! Ek wil voorspel dat alle sportmal Suid-Afrikaners aanstaande jaar die name van Moekena, Mphela, Booth en Parker gaan ken en saamskreeu.

Soos ‘n wafferse sokkerhooligan spring ek gister vuis omhoog die lig in toe Mphela met sekondes oor teen Spanje die gelykmaker aanteken, ons het nou wel in ekstra tyd 3-2 verloor, maar dis nie die punt nie, die punt is Spanje was tot gisteraand gereken as die wereld se beste sokkerspan….

Ons ouens kan speel, dis ‘n feit en ons kan kaarte in die wereldbeker minder as ‘n jaar van nou af, in ons agterplaas, lelik deurmekaar krap. Ek is bekeer en gaan gewis die sokker berigte bietjie meer noukeurig lees, en miskie, net miskien, wie weet is ons in vir nog ‘n feeverhaal sover ons liefde vir wereldbekers aanbetref, jy weet nooit!

Rugby in die land maak my die wetter in, ons sit met ‘n onnodig fyngevoellige breier wat alle en enige probleme voor die deur van rassisme wil le, en met rugbyadministrateurs wat gewone fans leeg melk en belaglike eise stel wat kaartjiepryse aanbetref.

Wie is die idioot wat besluit het dat kaartjies vir ‘n Springboktoetswedstryd by R1200 moet gaan draai. Daai boks moet aan my seuntjie van agt jaar oud kom verduidelik dat dit R2500 sal kos vir sy arme pa om hom te vat om te gaan kyk hoe speel die Leeus, wat net een keer elke twaalf jaar kom, en wanneer hy weer die geleentheid kry om hulle in aksie te sien sal hy al ‘n student van 20 jaar oud wees en sy pa sal waarskynlik al dood wees!

Iemand behoort gemoer te word daaroor, as oorsese besoekers soveel kan opdok vir kaartjie, gewone mense met gewone werke kan dit eenvouding nie bekostig nie, dit verbaas my dat die Idioot wat sulke besluite maak die Steve Hofmeyr se berugte f@k jou lysie kon haal nie, maar toemaar wie jy ookal is, jy haal myne en sommer bo-aan die lys om presies te wees!

Raymond was weer die naweek in aksie met die band en het weer vir my gewys dat hy as jong kunstenaar in die land nie sy gelyke het nie, groot woorde en groot stellings om te maak maar ek gaan daarby staan en ek gaan oor so ‘n jaar van nou af breed glimlag wanneer en ook kan se “I told you so”!

Die mannetjie is eenvoudig briljant en sy band KOOK! Gaan kyk ‘n show van hom wanneer hy naby jou optree. Hy is hoeka op 15 en 22 Julie by Firkin in Centurion, gaan kyk as jy kan.

Dis dit, daar is geen Klipdrift Battle of the Bands hierdie Dinsdag nie, ons vat ‘n blaaskans terwyl ons voorberei vir die laaste twee rondtes op 7 en 14 Julie en dan die semi’s op die 21e….

Later

Wimpie

PS. Micheal Jackson is dood, hy is ‘n ikoon en sal voortleef in die geskiedenis van die wereld…. 750 miljoen albums verkoop….legend….einde van die storie. Rest in peace!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Woza 2010! RIP Micheal Jackson…

  1. Danie says:

    Eks net verbaas dat hy op 50 dood is, ironies vir n ou wat kamstig in n suurstoftenk geslaap het, juis om langer te leef, maskers gedra het teen al wat n virus is, ens…wys jou net, maak nie saak wie jy is nie, jou lewe is nie in jou hande nie, en pasop wat jy hier doen en hoe jy onthou wil word. Wat sal mens se “legacy” wees as dit nou moet gebeur, hoeveel negatiewe opmerkings los jy, en hoeveel positiewes, kon hul op my reken, betroubaar, tyd vir ander of net vir myself…wat het ek aan my naaste betoon?

    Wat Sa rugby betref….geldgierigheid en Mammon is weer die wortel. Geld is nie n euwel nie, maar die liefde vir geld is wel.

    • Wimpie says:

      ja dit is alles waar maar hy het sy legacy agtergelaat daar sal straks nie weer enigiemand op aarde gebore word wat nie die naam Michael Jackson sal ken nie…
      Wat die rugby aanbetref…. hulle is idiote maak die game dood by die gewone mense en hulle kan nie die ander bevolkingsgroepe kry om dit te ondersteun nie want hulle maak dit ‘n elitest game…

  2. Thamar White says:

    Hi Wimpie

    Anton Goosen het onlangs in ‘n toespraak ges√™,

    “If you want to be a musician, you should be able to play an instrument. The number of real musicians that can really play an instrument and compose an original song are few and far.”

    Raymond is beslis een van die wat dit maar mag doen, hy en die band was ongelooflik Saterdag. Raymond het met sy eie unieke styl, eie liedjies en gewapen met sy talent ‘n massiewe impak op my en vele ander gemaak.

    Baie geluk aan jul almal met ‘n puik vertoning.

    Groete

    Thamar White

  3. Danie says:

    ek betwyfel nie MJ sal vir ewig onthou word soos Elvis nie, maar beklemtoon dat alles wat hy gehad het , en al die geld, nie sy lewe kon verleng of gelukkiger maak nie, soos hy bv met die suurstoftenk foefie wou voorgee.

    My seuntjie het ook vinnig die sommetjie gemaak dat as die leeus weer kom hy al 23 sal wees, en sy pa 49, en gesweer hy sal sy eie kaartjie kan koop, ek moet net vir myself betaal, o,ja! en opgemerk, toemaar, ek weet ons kan nie gaan nie, daars n resessie. Als wat hy deesdae vra ek moet koop se ek vir hom of hy al gehoor het daars n resessie…ek het die begrip al n paar keer verduidelik dat hy al gatvol is vir die resessie.