Nog reelings…

Nou ja die besigste aand van die Klipdrift BOTB by Carnival City is afgehandel Dinsdagaand met die gevolg dat ons eers so na twee in die oggend daar weggekom het.

Gelukkig het ek nou al vrede gemaak daarmee dat ‘n Woensdag nie juis my mees produktiefste dag van die week is nie!

Shaun Morgan (Seether)

Shaun Morgan (Seether)

Alles is afgehandel en dis nou amptelik, Shaun Morgan van Seether gaan die final van die BOTB by die Big Top Arena by Carnival City aan die brand sing saam met Scintillate, One Day Remains en die drie bands wat dit deurmaak na die eindstryd toe.

Morgan gaan al die Seether treffers sing wat tans so gewild is en gaan die Big Top Arena Rock & Roll. Ek kan nie meer wag nie en dit gaan natuurlik die Klipdrift BOTB in ‘n ander liga plaas. ‘n Liga waar dit eintlik nog altyd hoort.

Dis ‘n groot prestasie vir ‘n kompetisie wat hom in net twee jaar gevestig het as sekerlik Suid-Afrika se premier BOTB kompetisie. Dit was harde werk maar is beslis elke oomblik werd.

'n Deel van die 12 000 mense wat die laaste keer kom kyk het toe Shaun hier in Suid-Afrika in aksie was!

'n Deel van die 12 000 mense wat die laaste keer kom kyk het toe Shaun hier in Suid-Afrika in aksie was!

 

Die radio advertensie vir die BOTB eindstryd sal binne die volgende twee weke op 94.7 gehoor kan word en die persverklaring is vandag aan die media gestuur, ek sal kyk of ek altwee binne die volgende paar dae op my blog kan sit.

Andre nuus is dat Shaun binne die volgende week bietjie saam met my deur Gauteng gaan toer om reklame te maak vir die vertoning. Sien uit daarna dit sluit hopelik ‘n appearance in by volgende Dinsdag se rondte van BOTB….mmm wed jou dit gaan gepak wees!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.