Grootste treffers….OOIT huh? Pieter de Villiers? huh?

Kom ek begin maar sommer by die rugby en se gou my se vir wat dit werd is…

Indien daar nog enigiemand is wat  nog gedink het dat ons Springbokafrigter weet wat hy doen dan moet jy na die nawee se eerste toets ernstige vrae begin vra…

De Villiers is na die wedstryd gevra hoekom hy met nog meer as 30 minute om te gaan, die veranderinge begin aanbring het aan ‘n span wat duidelik in beheer van die wedstryd was, sy antwoord maak my bekommer, BAIE bekommerd.

“We looked flat, so I felt we needed to inject a bit of enthusiasm and speed into our effort”

Huh? Watter wedstry het de Villiers gekyk, duidelik nie dieselfde een wat ek gesit en kyk het nie. Daai quote van hom beteken vir my dat hy nie verstaan het wat hy besig was om te kyk nie, gekontroleerde, selfversekerde Springbokke wat besig was om hulle teenstander klinies en in die tradisie van Springbokrugby, stelselmatig van die veld af te speel!

Dat hy dan besluit om Heinrich Brussouw die Springbokke se enigste “fetcher” van die veld af te haal en vervang met Danie Rossouw, heeltemal die teenoorgestelde speler, gaan my verstand te bowe, nog was het einde niet want hy moes toe altwee ons stutte, wat die Leeus stukkend geskrum het, ook van die veld af haal.

Hierdie wedstryd was ‘n geval van die Springbokke wat ‘n toets gewen het ten spyte van die afrigter se beste pogings om die toets te verloor…. absurd!

Dit bring my by nog iets absurd.

Ek kom op Facebook af op ‘n groep gestig deur Basie Wilken, getiteld “Grootste Afrikaanse Treffer Ooit’.

Dit klink interessant genoeg en aangesien ek myself ook in die musiekbedryf bevind besluit ek om ondersoek in te stel, wat ek daar raaklees is genoeg om my in ‘n put van depressie te laat verval oor die deursnee Afrikaanse Musiek liefhebber.

Moenie my verkeerd verstaan nie, daar is seker nik daarmee fout om so ‘n groep te begin nie, dit is nogal interessante leesstof, maar die keuses as top Afrikaanse liedjies, en onthou dis veronderstel om van alle tye te wees…. is om die minste te se, skrikwekkend.

Soos dit enige regdenkende lid van die publiek betaam gaan skryf ek op die groep se wall iets in die lyn van:

Waar is liedjies soos Lisa se Klavier, Kinders van die wind of kunstenaars soos Johannes Kerkorrel? Hierdie groep is tiperend van die Afrikaanse mentaliteit van 140 beats per minuut en dis die grootste treffer…. “ooit”.

Iets in daai lyn is wat ek geskryf het, ek kan nie presies onthou nie want my comment is onmiddelik van die wall af verwyder, en ek kry toe hierdie skrywe van ou Basie in my inbox:

JY IS SO GEMIDDELD EN COMMON SOOS ROBBIE WESSELS, STERKTE JONG EK BID VIR JOU.
Huh, Kry ‘n lewe , dis tog ‘n vry land en die doel van so iets is tog om ander mense behalwe jouself, se opinies te kry en verwerk??
Ek is mos maar nie iemand wat op my bek geval is nie en nog twee eposse later is ou Basie in ‘n hewige debat betrokke wat ek nie dink hy voor reg was nie.
Dit daar gelaat, Basie se opinie is sy eie en hy is geregtig daarop soos ek op myne. Kom ons kyk wat is, volgens die mense wat sy blad ’gehack’ het, die grootste treffers OOIT in Afrikaans…
 PAMPOEN STEVE HOFMEYR 68
MENGELMOESKARDOES JUANITA DU PLESSIS 53
SOOS BLOED THEUNS JORDAAN 48
KAPTEIN KURT DARREN 44
VLIEG HOOG JUANITA DU PLESSIS 23
BABY TJOKLITS GERHARD STEYN 23
LIEFLING GE KORSTEN 22
PA EN SEUN STEVE / BOK 19
TUSSEN WOORDE JUANITA DU PLESSIS 19
HEMEL OP TAFELBERG KURT DARREN 18
JESSICA RAY DYLAN 15
Met die uitsondering van miskien moontlik Pampoen en Liefling hoort nie een van bogenoemde songs op so ‘n ‘grootste treffers ooit’ lysie nie.
Regtig waar is Lisa se klavier, Somer van Kerkorrel, Waterblommetjies van Goosen, Vier seisoene kind en en en en en…
Jessica van Ray Dylan…. een van die top 11 Afrikaanse treffers van alle tye?? Baby Tjoklits is ‘n lekker dans liedjie maar ek twyfel of selfs Gerhard Steyn dit bo een van sy ander songs soos bv Pennies en ponde sal plaas.
En dis al punt wat ek probeer maak het Basie, bietjie erg om my van kommingeit te loop en beskuldig.
Anyway, dit was ‘n interessante debat maar een wat soos die meeste oppervlakkige debatte maar die geneigdheid het om vinnig te verveel.
Nou ja ek het weer ‘n baie interessante week wat voorle, soos altyd vertel ek jou later in die week meer!
Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Grootste treffers….OOIT huh? Pieter de Villiers? huh?

  1. JMW says:

    Op 19 Maart stig ek n spontane groep genaamd “Grootste Afrikaanse Treffer Ooit en le duidelike reels neer. Ek vul die groep aan met prag fotos en musiek videos en toe doe groep op 19 Julie sluit het ek 804 deelnemers. Besoek gerus die groep gaan deur die discussion board, die wall waar mense gestem het en gaan kyk wie tel onder hulle wat aangesluit het, van die land se voorste kunstenaars en musiek kenners. Uit die bloute kry ek n striemende aanval, ongevraagd, onverdiend en deurtrek met jaloesie en agterklas karakter trekke van Jukebox. Ek besoek Jukebox en vind die groep is beperk en geslote waarna ek die groep blok en flag. Eers toe wys sy edele Mnr Wimpie Van Der Sandt sy gesig nadat hy nie verder deur sy groep kritiek kon lewer nie. In sy briefie wat ek op my groep se wall gaan sit het loods hy n aanval op my, my beroep en Steve Hofmeyr en dreig dat ek moet Maandag oggend se kommentaar op sy website oor my groep lees. Ag Here shame meneer hardloop jy uit idees uit, stories uit dat jy nou dae lank facebook moet sif om stories te kry. Ek kry jou jammer en met hierdie nota sluit ek my verhaaltjie met u af want soos ek vir u gese het u val in die klas van kritiek en ek haal wyle Dr Danie Craven aan “moet jou nie steur aan kritiek wat vergelyk kan word met n hond wat sy been teen n boom se bas optel nie”

    • Wimpie says:

      AAH welkom Basie, Jy sien hier plaas ek jou comment.

      Kom ek gaan probeer om dinge vir jou in perspektief te stel en sodat jy dit ook kan verstaan.

      Ek het ‘n meni ng gelug, soos ek jou toelaat om hier by my te doen, wat jy toe delete het en waar jy toe daarna privaat my gemail het om te vertel hoe kommin ek is deur vrae te vra oor hoe die mense wat by jou gestem het by die uitslae uitgekom het.

      Ek glo ook nie daaraan om in ‘n bekgeveg betrokke te raak met duidelik ongewapende persone nie so ek is heel gelukkig om jou toe te laat om jou en jou groepie se mening te laat seevier in Basie-wereld.

      Kom ek vra jou persoonlik glo jy werklik Mengelmoeskardoes, Jessica, Baby Tjoklits, Kaptein en Pa en seun is die Grootste afrikaanse treffers OOIT…. of dink jy ssoos ek gese het jou groep is misbruik deur mense wat wou seker maak die kunstenaars wat hulle bestuur en promote is op jou top 10?

      Nou ja soos jy se, dit sluit my onaangename kennismaking met jou ook af. Ek volstaan met my punt in my aanmerking wat jy laat verdwyn het van jou wall af…. die uitslae van die groep wat ek glo jy met die beste bedoellinge begin het is irrelevant en ‘n belediging vir die totale geskiedenis van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en ‘n algehele miskenning van kunstenaars soos Goosen, Gian Groen, Stef Kruger, Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel, Laurika Rauch en en en en moet ek aangaan?

      Nou ja, nou verveel jy my, lekker dag vir jou verder