Groot aankondigings oppad…

Die naweek is ophande en kan nie bestyds kom nie.

Ek het persverklarings, konferensies en vele meer om te beplan en in werking te stel voor Maandag. Dit het alles met die Klipdrift Battle of the Bands uit te waai en ek sal meer details gee Maandag.

Die kompetisie is nou in volle sterkte en met net 4 rondtes wat oorbly is die tyd vir speletjies verby. Gelukkig het ek ‘n ekstra Dinsdag voor die final oopgehou want dit lyk vir my ons gaan dit nodig he.

Die groot aankondiging oor wie die gaskunstenaars by die eindstryd sal wees word ook Maandag in ‘n persverklaring hier op my blog gemaak.

Een ding is ‘n feit en dit is dat die final uitverkoop gaan wees en dat 4 800 nense die Big Top Arena gaan volpak. Moenie Maandag my blog misloop nie want dan vertel ek alles.

Raymond is die Naweek in Delareyville en Vryheid met die band en soos ek op die oomblik voel join ek hulle dalk nog daar. Kom maak gerus ‘n draai, die band is baie goed en die show wat hulle aanmekaar gesit het is eersteklas.

Lekker Naweek vir jou ons gesels Maandag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Groot aankondigings oppad…

  1. elma says:

    Ag nee Wimpie het jy nou bp se maniere aangeleer. Elke dag maak jy konsuis more ‘n aankondiging en jy weet hoe nuuskierig is ons vroumense. Nou moet ons weer wag tot maandag… Ek begin wonder of jy ook stats jaag. Se jou se en moenie dat ons so wag nie man :)