Go Bafana en BOTB!

Daar bly bitter min kanse oor vir Bands om dit tot in die Semi-final van die Klipdrift BOTB by Carnival City te maak, daar bly inderdaad net twee kanse oor. 7 Julie en 14 Julie is al wat oorbly om ‘n plekkie in 21 Julie se uitkloprondte te verseker, net drie bands sal dit maak tot in die eindstryd….WAT DIE JAAR HUGE GAAN WEES!

As jy wil weet hoe sake staan gaan kliek hierbo op die link of gaan na www.wimpie.co.za/klipdrift Ek het 03H00 gisteroggend toe ek terugkom van Rondte 9 af, ‘n administratiewe fout gemaak op die top 12, maar het dit gisteraand reggemaak.

Baie sterkte aan Bafana Bafana wat vanaand teen die sterkste sokkernasie op aarde te staan kom, my verstand se Brazil het geen bekommerbis om die Suid-Afrikaners vanaand af te ransel in die Konfederasie Beker nie, maar my patriotisme gaan tog veroorsaak dat ek vanaand so met die een oog gaan loer wat gaan daar op Coke Cola Park aan! Sterkte aan ONS manne! En kyk hoe het die magtige Spanje gisteraand verloor teen Amerika!

Gister nog goeie nuus gekry oor Raymond Ray, hy is gevra om die ateljee gas te wees op MK Live op 24 Julie. Sy loopbaan het ‘n lewe van sy eie gekry en lyk asof dit heel goed aangaan en dinge vanself gebeur, maar glo my agter die skerms is daar harde werk wat gebeur! Hy is ook gevra om op 5 September by die Varkfees op Heidelberg op te tree wat elke jaar, sonder enige groot pers coverage bykans 8000 mense lok, wil gedoen wees! Raymond en sy band is op 5 September in aksie.

Dis my storie vir vandag, ek werk hard aan BOTB en meer spesifiek aan die final ek sal later die week of vroeg volgende week baie meer nuus he…..ook oor ‘n management kontrak wat ek met iemand beklink het…. waaroor ek baie passievol is!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.