En toe galop die ponies wel…

Gisteraand die veelbesproke boekbekendstelling van die Ponies Galop van Yolanda Barnard gaan bywoon…. nee ek het nie een gekoop nie alhoewel jy kon @ R160 per boek ek dink dis omtrent wat dit in die boekwinkels kos, ek het egter net so vinnig daardeur geblaai en ek moet se ek dink die hele bohaai is bietjie uit verband geruk, maar dis net my opinie en dis juis waaroor dit gaan…..opinie!

Me Barnard is geregtig op hare en as sy feite het om te staaf wat sy se kan daar nie sensuur toegepas word , en persvryheid….. weer…. in Suid-Afrika verhoor word nie.

Daar is te veel mense wat ‘n te hoe prys betaal het om die beginsel van vryheid van spraak in ons grondwet beskerm te kry vir ‘n paar glansmense om dit in ‘n hof te wil gaan toets! Belaglik, ek se weer ek wonder wat Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsmense en glanspersone onder die ongenaakbare Amerikaanse pers sou gedoen het, ek dink hulle sou dit waarskynlik nie kon oorleef nie en sou moes hulp kry by mense soos dr. Phil!

Dit daar gelaat want die hele persvryheid en vryheid van spraak debat is een van baie meer tyd verg as wat ek tot my beskikking het. Vir iemand wat die persepsie daar gestel word dat sy soveel vyande in die bedryf het, is die boekvrystelling baie goed deur die sogenaamde “vyande” ondersteun.

Ek het Raymond saam my gevat en dit het gelyk soos die wie is wie van die Suid-Afrikaanse glanswereld. Ek en Raymond het heerlik saam met Gideon van Zyl, Marnet, Piet Paraat en Jakkie Louw gestaan en ginnegaap en vir die ander celebs gelag, Da Mario het die blogwereld verteenwoordig en ek en Raymond kon bietjie besigheid ook inwerk toe Jakkie Louw ons genooi het om voorshows by sy vertonings te kom doen, ‘n offer waarop ek hom beslis gaan aanvat. Ook weer bietjie opgevang met Francois Henning (Snotkop) en sy bestuurder Louis, dit bly maar twee van die niceste ouens in die bedryf…

Ek het ook uiteindelik, na 19 jaar! die geleentheid gehad om lekker te gesels met Dana Snyman bekende joernalis en skrywer. Ek en Dana het saam geswot baie jare terug en was aangenaam verras dat hy my onthou het as “daai wimpie outjie van Springs wat rugby gespeel het”! Nice gewees om jou te sien Dana, ek bly een van jou grootste fans, soos in ons studentedae, is Dana nog altyd plat op die aarde en ‘n plesier om mee te gesels.

Nou ja dit was ‘n interessante aandjie waar die Ponies toe wel hulle verskyning gemaak het! Sterkte Yolanda met die boek, my strydbyl met haar is lankal begrawe soos sy in die boek van bladsy 144 af verduidelik, ek verstaan die media het ‘n werk om te doen en dis dit!

Later

Wimpie!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.