Dankie RSG!

Nou ja so saam met die suur in mens se lewe is daar darem altyd ook ‘n ligpuntjie of twee. Ek is baie trots op Raymond Ray wie se liedjie “Plek in jou hart” op RSG geplaylist is. Geluk ouboet dis die eerste van sommer baie. Ek is sommer lus en bespreek hom by die Klipdrift Battle of the Bands final, hy het mos hoeka ‘n band en sommer ‘n kokwater een daarby…As jy nog nie die song gehoor het nie, hier is ‘n voorsmakie!

 

 

 

So van Battle of the Bands gepraat vanaand is rondte nommer 9, more kan jy op die BOTB bladsy lees wat vanaand gebeur het.

Dan het ek ook nog aankondigings om te maak oor die final maar dit gaan moet wag vir Woensdag, kom ons se maar net die Klipdrift BOTB gaan my grootste show nog wees.

 

Kyk of jy tussen die lyne kan lees… ;-)

 

 

Okay mensies he vir julle ‘n great dag en sien julle vanaand by die Klipdrift BOTB, ek hoor daar gaan iets soos 13 bands wees….lekker!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.