BOTB se scoop!

Gister hierdie resensie van Willie Strauss in die Rapport geniet:

Koel my af

Wimpie Records

 

Raymond Ray se debuut-CD was vir my een van die aangenaamste verrassings. Ná ek deur ’n hele paar CD’s moes werk wat nie die paar hare wat ek oor het laat regop staan het nie, was sy album ’n vars briesie. Hy het nege van die liedjies op Koel my af geskryf en bewys hierdeur hy’s ’n jong talent om in die toekoms dop te hou. Jy kan Byron Kuntz se bekwame en ervare hand in die CD hoor. Die afronding is uit die boonste rakke. As jy van ’n lekker rockklank hou, hoort dié album beslis in jou CD-speler.

Nice en dankie.

Teen die tyd weet almal seker al dat die Klipdrift BOTB in volle swang aan die gang is by Carnival City en dat ek groot planne het met die jaar se final wat op 1 Augustus in die Big Top Erena plaasvind.

Die groot nuus is dat Suid-Afrika se grootste rockband wat die wereld op horings het en tans saam met Nickleback toer, Seether, iets met die finaal uit te waai gaan he.

Shaun Morgan Welgemoed, Seether se hoofsanger,  kom al Seether se treffers op die finaal sing insluitend hulle huidige treffer George Michael se Careless Whisper wat tans nommer een op al wat ‘n treffersparade is.

 

 

Nou ja dit is groot, nee dis HUGE wat die Klipdrift BOTB aanbetref. Kaartjiepryse sal wissel so van R150 af so maak maar seker jy kry joune vroegtydig, dit gaan ‘n konsert wees wat jy nie wil misloop nie.

Ek dink dis voldoende nuus vir nou….

Ek het intussen soos die res van die land lyk dit my, griep opgedoen en my naweek in die bed spandeer, ek voel hopelik die week beter, ek hoop jy ook!

Later

Wimpie

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to BOTB se scoop!

  1. Paul says:

    Hi Wimpie,

    Ek was al by een van die battle of the bands by Monte..Awesome awesome musiek..Waar kan ek kaartjies in die hande kry?Het jy voorsiening vir een of ander VIP passes of iets..Sal like om backstage ens kan wees..

    Cheers,

    Paul