TV is ook mos maar media?

Ek het my se gister gese oor die pers en die glansmense en ek staan daarby, feit van die saak is almal het die pers nodig, einde van die saak. As daar ‘n voltydse persverbod op sangers is, twyfel ek of hulle die aantal CD’s sal verkoop wat hulle doen, einde van die saak, om daaroor te debatteer is soos drie leeus en ‘n rooibok wat om ‘n kampvuur sit en stry oor wat is vir aandete…

Raymond Ray se televisie advertensie wod vandag geskiet. Die eerste advertensies is op die lug die 15e April en die CD is gister amptelik vrygestel so jy kan hom by jou plaaslike musiekwinkel gaan soek. As jy gewonder het hoe die CD aan die groothandel uitgestuur word, wel dis hie:

cid_3b09b399-8ef6-4aa0-8a40-a06f974585ff

Gister gou ‘n tydjie gehad om vir my broer te gaan hallo se in sy nuwe kantoor wat omtrent soos ‘n huis lyk in Centurion, Geluk boeta, dit lyk nice. Hy doen ‘Credit Counceling en hy kan jou baie help as die ekonomie druk…. het jy geweet die bank MAG NIE sommer net jou huis en/of jou kar terugvat nie en hulle MOET met jou onderhandel as jy hulp by byvoorbeel ‘n councellor gaan soek? Kontak hom gerus hy SAL jou kan help.

Nou ja dis my storie vir vandag. Die TV ad word om 11H00 geskiet hier by ons in Brakpan by Jukebox, as jy nog altyd wou sien hoe dit werk kom loer gerus, dan kan jy my sommer ‘n Coke Zero koop hehehe. So van Coke Zero gepraat, ek het so bietjie gewig opgetel na ek ophou rook het.

Ek het intussen ‘Detox Tea’ ontdek en amper alles weer verloor…. lekker…. dit werk. Nou as ‘n ou net nie nodig gehad het om tien keer ‘n dag toilet toe te gaan nie ;-)

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to TV is ook mos maar media?

  1. Danie says:

    Thanks vir die free ad !! My cell: 073 934 6366 Ons kom vandag soontoe, sien jou by jukebox
    Danie

  2. Ina says:

    Wimpie stuur bietjie die naam van die tee. Danie skuus ons het nie gegroet sondag nie. Mail my bietjie my email is nog dieselfde inav@blue.co.za

  3. Meermin says:

    Ina ek het gewone green tea ook al gedrink, die goed is sleg maar mens verloor so paar sentimeters, ekke het al baie meer verloor as wat nodig was!! Danie geluk, Ina lekker dag vir julle!! Danie ek het jou mail adres verloor, vra Wimpie om my comment mail adres vir jou te gee, het goed wat ek vir jou wil mail, amper die goed bank toe gemail!!!