En so loop ons almal die pad

Ek is ook saam met die blogwereld hartseer oor die afsterwe van die liedjieskrwywer/skrywer en sanger Lourens Fourie.

Dankie Lourens vir jou selfaangestelde verdediging van my destyds met die Brugbou sage, dit was nie ongesiens nie, ek is jammer daar sal nou nooit tyd wees vir die biertjie waaroor jy my so ‘n rukkie terug gebel het nie en ek is jammer ek sal nie die voorreg kan he om jou musiekloopbaan te bestuur soos jy gevra het nie…

Simpatie en eerbetoon van my kant af aan al Lourens se vriende, kollegas, familie en talle bloggers!

 

Raymond se loopbaan is reg om na die volgende rat oor te skakel, die TV advertensies begin die week en ons het oor die naweek besluit om die lewendige DVD teen einde Mei te skiet. Ek weet dis vinnig maar die tydsberekening is reg om met die launch van sy Engelse album saam te val.

Ek kyk toe maar bietjie Idols en moet se ek is teleurgesteld, ek dink dis ‘n klompbollie, die regte talent in die land kom nie deur nie want hulle word nie deurgelaat nie, die ware talent haal nie eers die rondte waar hulle voor die beoordeellaars sing nie….EK WEET!

Graeme was baie slim om op Jason se dom Afrikaanse musiek statement te kapitaliseer deur Loslappie te sing…. goeie move Graeme, presies wat ek sou gedoen het!

Jason se pa het sy ‘AFRIKAANSE’ foutjie probeer regmaak deur Afrikaans te praat in Sondagaand se onderhoud tydens die program, ek het maar net gelag en gewonder wie anders kom dit agter!

Vergelyk nou maar die oorblywende vyf met die wenner van die Amerikaanse weergawe, Adam Lambert:

Geen vergelyking nie, probeer die een:

Genoeg gese van Idols.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to En so loop ons almal die pad

  1. Gideon says:

    Hehe, jip – jy het dit, Wimpie. Ek het die poging vir die Afrikaanse stem gesien, en dit het ook uiteraard gewerk. Hoe naief kan ons nou regtig wees.

    Vanaand is Thembi uitgestem terwyl Lendel weer ingehou is. Talent ten koste van… wat?

    Pot stront. Klaar. EK gebruik nou liewers daardie tyd om nuwe songs te skryf – dit maak meer sin.

    -Gideon-

  2. Zefgat says:

    Ek het gisteraand weer na die spulletjie se eviction show gekyk. Vat nou bv Thembi se swan song… Dit was so weak, ek het skaam gekry en kanale geswitch.

    Die SA Idols is pateties!

  3. Ina says:

    Ek dink weer Thembi moes gebly het sy sing werklik mooi en het die talent om dit ver te bring