Die ou, ou debat oor die pers…

Ek sien die ou argument oor die media en celebs is weer in volle swang aan die gang. Dit is vir my ongelooflik hoe die pers utgemaak word as hierdie verskriklike entiteit wat teer op die verdriet van mense aan die een kant, maar dan wanneer die media bydrae tot CD verkope is die eerste ding wat beplan word wanneer ‘n nuwe CD uitgereik word, die media aanslag…. huh?

Nou verstaan ek nie hoe dit werk nie, wanneer die sterre met nuwe uitreikings voorendag kom word die pers se drolle gepruim maar wanneer hulle durf skryf oor die stront wat die sterre aanjaag is hulle uitvaagsels. Die pers verteenwoordig net die gemeenskap en skryf wat die gemeenskap belangstel om te lees, simpel soos dit. Wanneer die pers dus aangeval word, word ons as gemeenskap in werklikheid veroordeel want dit is tog wat ons wil lees of sien of hoor. Wanneer die sogenaamde celebs dan die pers aanval val hulle indirek ook die meerderheid van ons, die lesers, kykers, luisteraars en fans aan omdat ons dit durf waag om te wil weet wat aangaan in iemand se lewe, iemand se lewe waarin jy en ek terloops in bele het elke keer wat ons ‘n CD  koop.

Wat se dit van jou en my. Reality check celebs, ons is almal voyeurs wat wil weet wat aangaan en nuuskierig is en wat skindertydskrifte koop en wat televisie kyk en wat radio luister. Om die pers aan te val omdat hulle aan ons opdis wat ons graag wil hoor, is indirek om die mense wat julle CD’s koop, TV programme en rolprente kyk en blogs lees, vra maar vir Frankie, aan te val. Die pers gee maar net vir die publiek wat hulle wil he. Elke ster se begeerte is dat die publiek (fans) se lojaliteit te wen en te sorg dat die sterre huishoudelike name in huise word, amper soos ‘n broer, suster, pa figuur, held ens. Mense wil weet wat doen hulle pa’s, broers, susters en helde, nie omdat hulle rolmodelle is nie maar omdat dit menslike natuur is om dit te wil weet en aan die menslike natuur kan jy dadels doen.

Soos die bekende Amerikaanse komediant Tommy Smothers baie jare gelede gese het “The only valid censorship of ideas is the right of people not to listen.” Jy sien wanneer ons met persvryheid, in watter gedaante ookal begin rondneuk is ons op gevaarlike terrein, terrein wat ‘n teelaarde word vir die Amin’s, Hitler’s en Mugabe’s van die wereld. Dis ‘n ou debat, gevoer deur baie groter denkers en slim mense as gewone popsterre en akteurs en rugbyspelers. Dis ‘n debat wat albei kante toe ewe skerp sny, maar dis ook ‘n nie-debateebare debat.

Baie mense het al in die geskiedenis van hierdie beteuterde wereld van ons gesterf en jare in balingskap gelewe sodat sterflinge soos ek en jy die reg kan he om op ‘n blog te kan skryf wat ons wil, slim, dom, intelligent, minder intelligent, groot woorde, klein woorde, maak nie saak nie. Een ding kan ons darem se, ons is besig om vordering te maak, in die middeleeue sou hulle die Prinse, Barnards en du Plessis’s op die brandstapels gebrand het, vandag wil ons net hulle koerante brand…. mooi man!

Dis my soupbox en ek gaan nou afklim want ek kan.

Intussen het Wian begin rugby speel en het ek Saterdag gaan kyk hoe hy speel. Toe die wedstryd begin dink ek by myself ek moet tog asseblief nie soos die nder kommi pa’s en ma’s hier langs die kant soos ‘n mal mens begin skreeu nie, na vyf minute toe hy sy eerste drie druk fluister ek skaars hoorbaar “mooi seun”. Toe hy sy tweede drie druk draf ek saam hom oor die doelyn en toe ‘n reuse kind van oor die ses voet aan hom ruk en pluk skreeu ek saam met die komminste van die komminers! Daar is weer die naweek rugby, ek gaan weer kyk en ja ek gaan seker weer soos een van die kommin pa’s wat ons is op die kinder skreeu! In ons strewe om anders te wees is ons almal maar eintlik net dieselfde!

Die ouens van www.kommintaar.com het gister bietjie kom help met WordPress en my ‘n paar truuks geleer terwyl ons Raymond Ray se website ontwerp het. Dit gaan baie cool wees ek kan nie wag nie. Die televisie advertensies is basies reg om uit te gaan maar daar is darem iets soos skedules waarby ek moet bly hehehe. Die ads op televisie breek op 21 April en die goeie nuus is dat die CD vandag begin uitgaan winkels toe so as jy nie ‘n CD het nie, wat jy nie sal he  tensy jy by die launch was nie, doen my ‘n guns en gaan vra by jou naaste musiekwinkel vir hom al is dit net om die ongelooflike cover te sien hehehe. Hier is die “behind the scenes” video van die CD launch.

watch?v=Ab–CiewvUU

Nou ja dit was ‘n mondvol, he vir jouself ‘n great daggie.

Wimpie

***UPDATE***

Om een of ander obskure rede voeg WordPress die twee koppeltekens in die video hier bo se URL aaneen (maak daarvan een lang strepie) – dis hoekom die video nie soos normaalweg vertoon nie.  Geen idee hoekom nie.  Tog werk die skakel as jy daarop kliek…

Admin

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Die ou, ou debat oor die pers…

  1. Goeie inskrywing oor die pers!