Kinders…

Hierdie het my ‘n traan in die oog gegee en weer gewys om niemand wat jy nie ken nie, te oordeel nie, moenie eers iemand wat jy ken oordeel nie. Jy kan soms verkeerd wees… baie verkeerd wees!

Ek het gister gewerk, die dat daar geen inskrywing was nie, ons moes Raymond se liedjies by SAMRO gaan registreer, ek het erg opgesien na die ou takie met die reputasie van staatsdepartemente maar ek was aangenaam verras. Ons was binne 30 minute klaar, alles gedoen wat ons moes.

Ons is tans besig om te beplan aan Raymond se eerste volwaardige toer deur Suid-Afrika en Namibie. Tans lyk dit of ons middel Junie vertrek en voorlopig lyk die vier weke toer soos volg: Bloemfontein, Kimberley, Upington, Namibie, Stellenbosch, Kaapstad, Mosselbaai, George, PE, Jeffrey’s Baai, Nelspruit, Pretoria, Rustenburg en Potchefstroom. Ek sal tye en plekke binnekort bekend maak sowel as borge e al die belangrike dinge. Raymond toer met sy vol orkes, as jy dalk naby enige van bg. plekke woon en wil betrokke raak by die toer, laat weet my gerus per e-pos by info@wimpie.co.za of wimpie@raymondray.co.za

Ek was nou wel nie weg die naweek nie, maar het bietjie saam die familie gaan kuier verlede Sondag en ek dink nog steeds ek het die mooiste kinders in die wereld. Hier is die nuutste foto van Wian en Janine, moeilik om te glo hulle word so groot!

sany0968

Nou ja, dis my nuus vir vandag, lekker dag…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.