Yolanda se boek en Shaik se siekte….of nie!

Yolanda Barnard het ‘n boek geskryf wat so teen Mei op die rakke behoort te wees.

Die boek gaan oor skandale in die vermaaklikheidswereld en gaan ‘n paar celebs lekker die wetter in maak. Ek loop self ook deur in die boek, nie dat ek dink ek is ‘n celeb nie…. glo my as ek so na ons ‘celebs’ in die land kyk is ek maar bly ek is nie die Joost’s, Theunse, Steve’s, Jurie’s of Robbie’s van Suid-Afrika nie!

Om terug te kom na die boek toe. Die hele brugbou-sage het nou al verjaar en is iets van die verlede maar ek verstaan hoe dit genoem kan word in so ‘n boek, ek vertrou egter dat sy die ding ordentlik en objektief sou behandel het. Dat Yolanda nie bang is om ‘n kat in die hoenderhok te gooi nie, is ‘n gegewe. Ek gaan met haar gesels Sondag by die CD Launch om te hoor of ek dalk hier op my blog ‘n scoop kan kry en moontlik vir jou ‘n paar lusmakers van die boek kan plaas hier op www.wimpie.co.za en volgens wat ek gehoor het is daar ‘n paar mense wat maar sleg kan slaap in die aand!

Ons vriend mnr. Shaik is op die versoek van sy maatjies in hoe poste uit die trank vrygelaat, daar kan nie langer twyfel daaroor wees nie. Die drie dokters wat in die spervuur is na hy op hulle “aanbeveling” op parool vrygelaat is, het ‘n prokureur aangestel en ontken dat hulle ooit aanbeveel het dat hy huistoe gestuur word omdat hy terminaal siek is…

As hulle ontken dat dit hulle aanbeveling was…. wie se aanbeveling was dit dan en wie sit agter sy vrylating??

Dit versterk maar net weer die vermoede dat hierdie regering korrup is en dat dit alles afhang van wie jy ken oor hoe ver jy met wat kan wegkom. Korrupsie vier hoogty in Suid-Afrika en die regering is maar relatief laks om selfs die stront wat hulle aanjaag, ordentlik op te cover.

Dis net asof iemand nie dink nie en hoop issues, soos Shaik se vrylating, gaan net onder die mat ingevee word en geen haan sal ooit daarna kraai nie. Dit spreek darem boekdele vir persvryheid dat die pers hierdie dade van korrupsie kan uitwys. Jammer Steve, Joost en almal wat dink die pers is te magtig en moet in die bek geruk word…

Daar is belangriker werk wat die pers in die land doen as om oor julle sekslewens te skryf, wat bewys hoekom persvryheid bestaan en altyd behoort te bestaan.

Dis my storie vandag, ek en Raymond gaan weer vandag rehearse, more ‘n TV advertensie skiet en in die algemeen voorberei vir Sondag, as jy nog nie bevestig het dat jy daar gaan wees nie, onthou om by my te bevestig. Vyf dae and counting voor Monsoon Lgoon!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Yolanda se boek en Shaik se siekte….of nie!

  1. Meermin says:

    Ek bevestig hiermee weereens op jou blog ek sal daar wees, dit is Sondag dan?

  2. Meermin says:

    Jy het gisteraand BIG TIME uitgeloose op Louis Fivaz se bekendstelling van sy nuutste cd, dit was bevange, en die cd is baie baie goed!!! Met hierdie cd gaan hierdie man homself op die MAP sit!! Hou gerus hierdie nuwe cd van hom dop!!! Dit is ‘n gatskop cd!!!