Twee dae om te gaan…

As jy nog nie joune het nie, email info@wimpie.co.za

As jy nog nie joune het nie, email info@wimpie.co.za

Daar is sekere dinge in die lewe waarmee mens soms goed is en dan is daar sekere goed wat jy liefs nie jou hand aan moet waag nie…. rigtings … dis myne, ek het net eenvoudig geen benul van die algemene vier rigtings nie.

My kind se nou die dag vir my die tannie van die GPS raak ook kwaad vir my want sy se my waar om te ry en dan verdwaal ek nog steeds.

Ek noem dit maar net so vir die interessantheid.

Vandag (Donderdag) is die laaste dag van rehearsals saam met Raymond en die band, dress rehearsals, klank gaan opgesit word en die werke, ligte alles en dit in die venue by Monsoon Lagoon, ek is gelukkig ek dink die band het alles onder die knie ek dink dit gaan awesome wees, as almal kom wat bevestig het dan kyk ons na so 350 mense wat die launch sal bywoon.

Raymond sal dit nie erken nie maar ek ken hom goed genoeg om te weet hy is bietjie nervous…. maar dis goed mens moet so voel voor jou grootste dag van jou loopbaan.

As jy daar gaan wees is jy in vir ‘n treat en ek se nie net so nie, ek dink rerig so.

Nou ja ek het tussendeur nog vanaand ‘n kuier saam met Gerhard Steyn om te onderhandel, en ek probeer nog oor die kwaad word vir die taxis kom… het julle ook lekker in die verkeer vasgesit??

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Twee dae om te gaan…

  1. Ina says:

    Hi, kan nie wag nie!

  2. Ina says:

    Sal jy asb vir my aanwysing stuur na die venue toe.

    Lekker werk

  3. Morras says:

    Vergeet van “Is julle reg, Springs”!!! Dis meer nou, “IS JULLE REG SA!!!!!”

  4. Janine says:

    hey hey hey almal sondag gaan great wees pa ek dink pa moet maar my vriendinne wat ek saam vat watch jong die meisie vrek oor Ray en liefies jou baie baby daai liedjie ken die hele skool en netbal span al omrede die meisie hom so sing elke liewe dag dis al eintlik baie snaaks en hul het hom net i paar keer gehoor toe ons by Jukebox was hahahah ons sien baie uit. Ray pasop die gals soek jou lyf hehehe.

    sien julle Sondag :) liefies Janine