Seks en musiek…

Hoe meer ek lees oor advokaat Barbie en die sekskepades met haar voormalige minnaar Dirk Prinsloo, wat deesdae in die hof uitkom hoe meer grief dit my!

Dit was twee baie siek indiwidue met baie siek idees… Ek het aanvanklik vir haar jammer gevoel maar ek weet nie meer so lekker of enigeen jou die dinge kan laat doen wat sy gemaak doen is nie.

Ongelukkig vir haar kom sy oor as ‘n TE gewillige samewerker aan al hierdie dade, ek hoop van harte sy het haar lewe uitgesorteer en besef wat sy gedoen het was net pleinweg siek!

Ons het gister ‘n hele harde dag van rehearsals gehad en ek verstout my om te se Rayond se CD launch gaan die musiekbedryf hard tref… Dit gaan awesome wees, maak seker jy is daar en dat jy dit nie mis nie. Dankie aan Yolanda Barnard van Sondag, wat ook ‘n draai kom maak het, dankie vir die mooi woorde. Sy het so in die stilligheid ‘n boek geskryf oor die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en dit gaan ‘n hele paar bomme laat bars. Ek sien uit daarna en sal later meer vertel.

Nou ja, dis ‘n afnaweek vir my, ek gaan dit nodig he met ‘n helse week wat volgende week op my wag. Ek is more op die pad Bethlehem toe, saam met Yolandi na ‘n troue toe. Moenie lag nie, ek weet ook nie waar dit is nie, gaan maar net in die algemene rigting van die Vrystaat ry en hoop ek kry iewers ‘n afrit…

Lekker naweek!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Seks en musiek…

  1. Johnny Bravo says:

    Hoezit Wim

    Jy is omtrent besig dude en dit klink alles moerse nice. Sterkte met die launch. Waar kan mens vir Raymond Ray sien perform behalwe nou by sy cd launch?

    Groetnis
    JB

    O, en geniet jou af naweek. Trots op jou. Yolandi is al ‘n geruime tydjie deel van jou lewe.

  2. Ina says:

    Hi

    Geniet die ruskans jy verdien dit. Ons sien baie uit na volgende naweek

  3. jkproperties says:

    Hi
    Dit is nogal nice om n Afrikaanse blog te sien
    Dit lyk baie nice.
    sal weer hier draai