Ouderdom…

Mmmm Die ouderdom is ‘n ding wat jou snaakse goed laat doen, ek begin al meer dinge doen soos my oupa dit gedoen het…

Ek dra deesdae pantoffels, soos my oupa gedoen het…. ek slaap met ‘n t-hemp, soos my oupa gedoen het…. ek oorweeg selfs slaapklere… moenie lag nie! En die ergste van alles ek gaan vandag vir my soek vir ‘n ordentlike kamerjas.

Hoekom, wel ek weet nie, dis net gemaklik en dit maak sin! Ek begin ook snaakse eetgewoontes aanleer. Ek eet deesdae poeding en groente, en vark en en en…

Hoekom doen ek al die dinge…. ek weet nie, miskien het ek my middeljare ingegaan sonder dat ek self dit weet en/of agtergekom het.

Ek is vanoggend al vroeg op, vandaar die kamerjas idee! aangesien ek vroeg al oppad is Centurion toe, ons begin reeds 10h00 met rehearsals saam Raymond se band vir die CD Launch…. so as jy in die omgewing is kom se hallo by Nite Ferver, dis blykbaar reg oorkant Supersportpark.

Nou ja ek moet hardloop ek is laat. Geniet jou dag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Ouderdom…

  1. Ina says:

    Jy laat my somer vanoggend na oupa verlang.

    Jy moet ‘n heerlike dag hĂȘ en stuur groete vir jou pa en ma