Moeg vir mense en spindokters

As daar een ding is wat ek nie kan vat nie dan is dit skynheiligheid en mense wat nie reguit vir jou ‘n ding kan se nie, as jy iets wil se dan doen dit moenie met allerhande ompaadjies kom om iets te se nie, seker maar omdat ek self reguit is dat dit my so irriteer…

Ek gaan nie toelaat dat enigiets in die pad van sukses staan nie, veral nie nou nie, jy is op die skippie of jy is nie, en dis klaar te laat die skippie het klaar geseil, as jy een van die mense is wat aan boord staan en my aandag probeer aftrek van hoe om die bootjie te seil, dan beter jy maar solank begin afspring want daar gaan nie omgedraai word vir NIEMAND nie.

Gelukkig is ek ‘n fighter, gaan le nie voor niemand nie, daar was al soveel mense wat probeer het om my te vernietig nog een of twee gaan nie ‘n verskil maak nie ek gaan nie toelaat dat iets of iemand in die pad van sukses staan nie, jy seil saam die skip of jy bly op die wal. Dit is nou maak of breek en ek kan nie toelaat dat my aandag nie by my werk is nie.

Raymond se CD word oral geplaylist op nasionale radiostasies.

Raymond se CD word oral geplaylist op nasionale radiostasies.

Baie dankie vir die positiewe terugvoering van Raymond se CD launch en ek en Raymond waardeer dit, soos altyd is niks moontlik sonder  die samewerking van baie mense nie, ek se dankie aan my ondersteuningsraamwerk, as jy deel is daarvan…. dankie, indien nie…. whatever!

Jy sal seker agterkom vandag ek is moeg om die nice guy te wees, mense moenie my stilswye verwar met enigiets anders as net bloot dit nie…. stilswye. Oppas as ek begin praat…. want ek kan… en ek sal, en ek het feite, wees gewaarsku!

Joost van der Westhuizen: Julle sal onthou ek het aan die begin van die sage gese ek ken hom persoonlik en sluk swaar aan die dwelm storie. Joost is ‘n nice ou, het rerig nog nooit iets aan my gedoen nie en as mens is hy ‘n gawe ou om mee saam te kuier. Wat hy in sy privaatlewe aanvang het min met my, of enigeen anders for that matter, uit te waai.

Dat hy ‘n openbare figuur is, is ‘n feit en iets waarmee hy, en Steve, Theuns,  ander bekendes maar moet vrede maak. As jy nie die vergrootglas van die pers en die media op jou lewe wil he nie, hou op kla oor die groot slegte media en tree af en/of gaan bly iewers in afsondering of selfopgelegde ballingskap.

As hierdie storie in enige ander land plaagevind het sou dit 100 keer erger gewees het as wat dit hier is. Joost en kie weet nie rerig wat dit is om deur die pers gejag te word nie, gaan vra vir Britney Spears hoe dit is, of Lindsay Lohan, hulle sal vir jou kan se.

Joost se span wat hom bystaan en adviseur is net doodeenvoudig skokkend, hierdie mense verdien nie om enige kliente te he nie en moet asb. nooit weer toegelaat word om mense in soortgelyke sake te verteenwoordig nie. Ek ken nie vir Mike Bolhuis nie maar dat die ou heeltemal te veel praat is ‘n feit soos ‘n koei.

Gaan kyk hoe het Theuns Jordaan die storm in ‘n teekoppie hanteer na die hele debakel oor die kind wat nou nie eers syne is nie. Ilza Roggeband is ‘n expert, sy weet wat sy doen en sy het die saak namens Theuns hanteer, nie modder in die pers gegooi nie, en nou dat dit uitgekom het dat dit nie sy kind is nie is die saak afgehandel…. so what!

So almal weet nou Theuns wat al 40 se kant toe stap is nie meer ‘n virgin nie, big deal, die ou is nie getroud en/of in ‘n verhouding nie so hy hoef aan niemand verslag te doen oor sy sekslewe nie en dis dit, feit van die saak is die hele storie is reg benader en reg met ‘n paar goed gekose statements in die media behandel deur ‘n publisiteitspan wat die geld werd is wat hy hulle betaal.

Joost se saak kon so anders hanteer word dis eintlik scary, dieselfde geld die ander ‘celebs’ wat grootmond met die pers in bekgevegte wil betrokke raak en dan huil as hulle bloedbek geslaan word. Kry ‘n bestuurder en ‘n spinner wat die moeite werd is om aan jou kant te he, verstaan wanneer jy verkeerd was en se so en volstaan dan daarmee en bowenal vat jou pak slae soos ‘n man en hou op huil soos ‘n stout seuntjie as die groooot stoute pers jou durf aanvat.

Ek het vandag ‘n vergadering met my webmeester en ek moet TV advertensies klaarmaak. Ek hoor ook vandag van RSG en is bly om te kan berig dat Raymond se CD op verskeie groot nasionale radiostasies geplaylist is, en word, ek sal later vertel waar oral.

Kyk uit vir grootskaalse veranderinge op www.wimpierecords.com en www.raymondray.co.za sal binne die volgende paar dae die kuberruimte tref met ‘n daaglikse blog van Raymond se doen en late.

Lekker dag vir jou, kaas dit… en geniet dit!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Moeg vir mense en spindokters

  1. Meermin says:

    Sjoe amper val ek van my stoel – gelukkig is jy seker nie kwaad vir my nie!!! Wimpie wie ook al jou moer vir jou so koer, vat (mag ek maar hier vloek :?: ) vat hulle maag toe dan gaan kak jy hulle uit!!! So maklik soos val uit n boom uit!!!

    Die media moet ook altyd ‘n groot storie oor alles en almal maak, ek het van die begin af net geweet Theuns is nie die baba se pa nie!! Die girl wou seker onderhoud claim van hom!! Vir my lyk sy vlak in die dak, ‘n regte klein joller!!! Nie so groot soos JHB stasie nie maar so besig!!! Theuns bly een van my gunsteling sangers in SA so ook Louis Fivaz, wat die mense in hulle eie privaat tyd doen het niks met my of enige iemand anders te doen nie!!!

    Mag jy ‘n gatskop lekker dag hè!!!

  2. Ina says:

    Wimpie jy weet mos nou al die ou wêreld waarin ons bly is vol afgunstige mense wat nie die son oor ‘n ander se kop sien skyn nie. Moet jou nie daaraan steur nie. Vir nou moet jy net die sukses van jou eerste CD launch geniet en sluit jou af van hierdie tipe mense.

    Geniet die dag verder en sterkte met al die vergaderings