Klaar met rugby alweer…

Jammer oor gister maar ek was net eenvoudig te besig om iets te skryf, en ek het my rekenaar iewers vergeet…. ouderdom is ‘n lelike ding!

Ek frustreer myself toe weer Saterdag om die rugby te kyk en besluit net daar ek is klaar met Superrugby ek gaan nie meer ‘n spesiale effort maak om te kyk nie. Die Stormers maak my so kwaad ek dog ek skop die TV om.

Die probleem is hulle speel sulke hoe risiko rugby dat dit agt uit tien keer nie werk nie, wanneer dit werk lyk dit spectacular en sal hulle enige span in die wereld afslag, maar wanneer dit nie werk nie dan staan hulle met twee nederlae na drie wedstryde aan die onderste deel van die punteleer soos nou die geval is.

En Saterdag moet ons teen die Bulle speel, op Loftus nogal en teen ‘n Bloubul span op die kruin van die golf, en dan moet ons gaan toer…. ai dit gaan weer ‘n lang jaar wees.

Ek en die family en die girlfriend is Sondagoggend vroeg Wanderers toe om die krieket te gaan kyk, lekker dag gewees behalwe dat die Proteas toe nou gister weer gaan staan en droogmaak en nou die laaste twee toetse teen die Aussies vrloor het. Welkom terug op die aarde julle, dis lankal tyd om julle koppe uit die wolke te kry en weer bietjie te beginne krieket speel, die party is verby en Ricky Ponting hulle het nie halfpad om die wereld gevlieg om te kom verloor nie!

Ons is in die pylvak met Raymond se CD en alles gebeur nou teen die spoed van witlig, hopelik kan ek aan die einde van hierdie week bietjie rustiger wees en die CD amper op die rakke.

Ek sien Shabir Schaik word vandag vrygelaat, ongelukkig het ek nie genoeg inligting om ‘n opinie daaroor te he nie, ons sal bietjie later vandag meer inligting he oor sy terminale siekte.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

5 Responses to Klaar met rugby alweer…

  1. Meermin says:

    Môre ek doen al lankal nie meer moeite om tyd te mors om rugby te kyk nie, ek doen wel moeite om te kyk as die SHARKS speel .. maar ai as hulle soos speel soos graad eentjies – bulletjie rugby wil ek ‘n gat reg deur die tv skop never mind die tv net om skop!! Ek wil nog eendag krieket gaan kyk sommer maar hier op SUPERSPORT PARK.

    Geniet jou dag, en ek is so bly ek kan nou weer comments los, want by blogspot kon ek nie meer comments los nie!!

  2. wimpie says:

    Die stomers is maar net nie goed genoeg nie my vriend , dit is seker vir ons tyd om die kanker wat hulle stomers rugby noem LOSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSSS

  3. Ek kan nie kleinkry hoe ‘n span wat byna 70% balbesit en gebiedsvoordeel geniet, nie die wedstryd wen nie! As getroue ondersteuner, krimp ek ineen as ek aan Saterdag se wedstryd teen die Bulle…

  4. Eben says:

    Wimpie ek weet daar is nie salf aan jou te smeer nie, maar jy sal ongelukkig ‘n ander span moet aanneem. Jy hoef nie te ver te soek as die Bulle nie. dink net, dan hou jou TV die hele jaar sonder om geskop te word. :lol:

    Meermin, ek sal persoonlik met jou in gesprek tree oor jou spannetjie!! :wink: Maar ek hou jou dop!!

  5. mario says:

    RpZxjj h1! nice site! oxyutelno