Hoe siek is dodelik siek?

Wat is terminaal siek? Volgens wat ek verstaan beteken dit jy is met die een voet in die graf en jy word vrygelaat om mediese redes uit die tronk omdat jy ‘terminaal’ siek is en sodat jy toegelaat word om basies maar by die huis te gaan sterf.

Dit strook nie met Schabir Shaik se broer se onthulling vanoggend nie.

Toe Yunus Shaik gevra is of sy broer terminaal siek is, was sy antwoord dat Schabir Shaik “baie ernstig siek (gravely ill)” is.

Gevra waar sy broer sal aansterk, het hy gesê: “Die huis in Innesweg sal vir die volgende 15 jaar my broer se tuiste wees.”

Vyften jaar is ‘n baie lang tyd om dood te gaan…

Die Storm om die kop van Shaik is net nog ‘n bewys dat die ANC nie rnstig is daaroor om korrupsie uit te roei nie en dat die woorde van George Orwell 60 jaar na hy ‘Animal Farm’ geskryf het vandag net so waar is as toe hy gese het, ‘all animals are equal but some animals are more equal than others’.

Ek het vandag vanaf 13h00 tot 18h00 vergaderings oor die bemarking van Raymond Ray, ek sien uit daarna, dis lekker as alles na maande se wag en wag, uiteindelik begin gebeur en in plek val.

Ons het ook die CD omslag verander en die tracklisting bietjie aangepas, ek kan ook noem dat die Engelse liedjie ‘Do You’ op 94.7 Highveld Stereo sowel as 94.2 Jakcaranda goedgekeur is. Nou begin ek ook opgewonde raak, ek sal probeer om more die CD omslag te plaas en Raymond se borge bekend te maak.

Tot dan…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Hoe siek is dodelik siek?

  1. Meermin says:

    Duidelik is die man NIE so dodelik siek NIE!!

  2. Ina says:

    Jy vergeet nie al die reels geld vir ons regering nie hulle kan maar maak net soos hul wil!!

    Sterkte met al die vergaderings ons weet mos dit gaan ‘n groot sukses wees.