Duisend dankies

Ek weet dis baie vroeg maar more is Vrydag en ek het nog so baie om te doen en so min tyd oor om dit te doen, ek Blog maar sommer Vrydag se post nou en dan weet ek dis gedoen!

Ons het sopas die laaste rehearsal gehad by Monsoon Lagoon en dit was awesome…

Die laaste oefening...

Die laaste oefening...

Ek het nou al vandag ‘n paar keer moes swaar sluk aan die knop in my keel terwyl ek die mannetjie dopgehou het. Ek was besonder trots toe al die skoonmakers in Monsoon Lagoon tot stilstand gekom het en soos een man hande geklap het na een van die songs.

Ek weet dis ‘n cliche en ek weet almal dink hulle kunstenaars is die beste en ek weet jy wat hier lees wat hom nog nie gesien het nie dink dis seker maar net nog ‘n sangertjie wat ‘n CD uitbring…

Wel niks kan verder van die waarheid af wees nie, hierdie CD is 100% oorspronklik daar is niks tunes in Europa op die ‘Eurovision chart’ gaan “leen” en net bloot in Afrikaans vertaal nie.

Raymond kan die drie dinge doen wat ek persoonlik van ‘n kunstenaar verwag. Hy kan sing, hy kan sy eie woorde en musiek skryf en hy kan amper enige instrument speel, o ja en hy klink net so goed met ‘n band as met ‘n recording. Dit maak van hom nie net ‘n mooi gesiggie wat kan noot hou en ‘n CD uitbring omdat sy pa’le te veel geld het en nie weet wat om daarmee te doen nie. Hierdie outjie het die harde pad gestap en aan omtrent elke deur geklop wat daar is om aan te klop voor iemand die talent raakgesien het.

Ek kan getuig dat hy nie ‘n woord soos opgee ken nie en dat hy die verpersoonliking van die gesegde aanhouer wen, is.

Glo my vry Sondag gaan ‘n CD launch wees waarop ek baie trots gaan wees, as jy daar gaan wees kom skud blad en luister na die toekoms van Afrikaanse musiek want soos hulle se in die classics die proof of the pudding is in the tasting!

Is julle reg SA!

Is julle reg SA!

Gun my ook my persoonlike oomblikkie Sondagaand, julle sal NOOIT weet van die bloedsweet, hoogte – en laagtepunte, op elke gebied wat hierdie CD Launch vooruitgegaan het nie.

Ek moes self diep en lank soulsearching doen en besluit wat is belangrik in die lewe voor hierdie projek momentum gekry het.

Ek hoop ek self kan alles bymekaar hou Sondagaand, dit gaan ongelooflik wees, die band is reg, die venue is reg, die CD is awesome, die bemarking is in plek, die beligting is reg, die klankmanne is reg, die waiters is reg!

Ek hoop jy is reg! Sien jou daar 18H00, Monsoon Lagoon by Emperor’s Palace Sondagmiddag, kom kyk waaroor gaan die bohaai. Dankie van my kant af aan ALMAL wat my so mooi ondersteun het met hierdie ongelooflike projek. Ek sien julle daar en ek sien uit daarna! Dankie, dankie, dankie!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Duisend dankies

  1. eugene says:

    my bra sondag sal n moerse sukses wees jy hard gewerk hiervoor en jy verdien dit dis jou beurt trots op bra

  2. Ina says:

    Jy weet dit sal ‘n sukses wees. Ons is trots op jou

  3. Michelle Coetzee says:

    Dankie Wimpie. Raymond was awesome! Ek het regtig dit geniet. Great work en geluk. Ek sien nog baie great things vir hom.

  4. Meermin says:

    Wimpie ek is regtig jammer dat ek nie daar kon wees nie, my kar staan al meer as ‘n week by die panelbeaters, en gisteroggend nadat Koos my gebel het en my hand en mond belowe het hy sal betyds by die huis wees om my te vat, het ek Ina gesms! Na 4 gaan bad en klaar gemaak, en daar begin die gewag, ek wag en wag, probeer Koos toe in die hande kry, sonder enige sukses!! Bel Koos my 5.25 hulle gaan nou eers eet, hy is jammer ek moet maar met die bakkie ry, begin die gesoek na die bakkie se sleutel, soek nog so vir die sleutel bel hy weer, hy het die sleutel op hom!! Hy was die naweek Zeerust toe!! As ek dit geweet het sou ek Ina gevra het of ek saam haar kan ry!! Jammer jy!!!!

    Ina ek kon myself skop dat ek jou nie maar gevra het of ek kan saam ry nie!