Blou Maandag

Ek is moeg…. geetelik moeg.

Dis nie iets wat slaap kan regmaak nie.

Genoeg daarvan. Hierdie week gaan mal wees, ons is presies ses dae weg van die groot CD Launch af en dit voel asof ek nie verder kom as wat ek tans is nie alhoewel ek weet ek is seker maar onnodig hard op myself. Ek kan doen op hierdie punt met ‘n bietjie ondersteuning…

Ek het die naweek bietjie ‘n draai gaan maak in Bethlehem, ‘n klein dorpie waar as jy nie goed oplet nie, dit baie maklik is om die hele plek te mis.

Mens kan jou maklik met die plekkie misgis, dis asemrowend mooi op party plekke en ek is mal oor die weer, lekker aan die koel kant! Ek was gou by ‘n troue gewees.

Ek sien SAMRO is in die sop by Brenda Fassie se boedel oor royalties wat betaal is of nie betaal is nie. Ek dink mense het nie ‘n idee wat die royalties is wat ‘n kunstenaar op hulle werke verdien nie en dis waar die deurmekaarspul inkom. Kunstenaars word net pleinweg deur platemaatskappye uitgebuit en dis ‘n feit, gaan vra maar enige kunstenaar of hulle ‘n lewe kan maak uit CD verkope en skrywerstantieme en hulle sal vir jou lag.

‘n Goeie kunstenaar kan hom/haarself gelukkig ag as hulle 10% tantieme kry op CD verkope, en dan is dit 10% van ppd (purchase price to dealer) en nie 10% van die prys wat jy in die winkel betaal nie. Ek verstout my om te se dis niks meer as so R2.70 per CD nie…

SAMRO word net eenvoudig swak bestuur, ek weet hoe sukkel ek om Raymond se goed geregistreer te kry. Sterkte as jy iets by hulle wil uitvind of wil registreer, ek is nou al vier keer na vier verskillende mense verwys wat my vier verskillende weergawes van ‘n spesifieke antwoord op ‘n vraag gegee het.

Dis ongelukkig maar net hoe Suid-Afrika tans werk en jy moet geduld he, baie daarvan…

Die krieket was lekker die afgelope naweek, dit is so bietjie soos mosterd na die maal, maar enige oorwinning oor die magtige Australie moet geniet word want dit gebeur nie baie nie. Die rugby was ook lekker want die Stormers het ‘n loslootjie gehad en het gevolglik nie verloor nie…..hehehe!

Geniet jou week, myne gaan mal wees!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Blou Maandag

  1. Ina says:

    Hi, jy sal moet vitamines begin sluk die ouderdom is maar ‘n “biksem” dit is beslis nie vir sussies nie. Sterkte vir die week wat voorlĂȘ

  2. Daggapit says:

    Nou wonder ek wat beskou jy as ‘n groterige dorpie? Dalk Boksburg of Benonie? Jy lieg mos nou blatant deur te beweer dat Bethlehem so klein is dat jy dit maklik mis sal kan ry. Dis eintlik haas onmoontlik, want die N5 roete loop reg deur die dorp. Hoe ookal, mens ry eerder of Boksburg of Benonie mis voordat jy Bethlehem mis ry. Baie sterkte met Raymond se launch!