Welkom

Okay….. so alles vat maar tyd en miskien is ek nie heeltemal stupid wat die bloggery aanbetref nie! Ek dink ek het die WordPress storie so half onder die knie, moet se ek is nogal verbaas, nie gedink die hele oorskakelry gaan so pynloos plaasvind nie, wys jou net dis nie wat jy weet nie maar wie jy ken wat weet.

Comments is nou weer oop hier by my maar moet ongelukkig gemoderate word…. jy weet mos daar is altyd die onder ons wat nie kan wag om bietjie moeilikheid te maak nie…. jy kan se wat jy wil ek sal dit plaas mits jy natuurlik die guts het om te se3 wie jy is en hoekom jy se wat jy se en waar jy die snert kry wat jy praat…. dis al reels, ek glo aan vryheid van spraak maar saam met dit gaan verantwoordelikheid, soos byvoorbeeld ek wil weet met wie ek praat, glo nie dis te veel gevra nie.

Ek het blykbaar ‘n aar in my oog gebars en kan nie besluit of dit my pla of nie, dit lyk bietjie freaky maar is nie eintlik seer nie.

Ek het ook nuus wat my privaatlewe aanbetref, dit lyk asof my losloperdae getel kan wees… een van die dae… en dan miskien vir altyd.

Daar kom ‘n tyd in almal se lewewat so iets moet gebeur, of dit nou op 24 of 41 gebeur maak nie rerig saak nie, al wat saamaak is dat dit wel gebeur, een of ander tyd, miskien is my tyd hier, kom ons wag maar en kyk wat gebeur.

Soos ek verder met WordPress speel is ek seker sal ek goed kan doen soos foto’s plaas en so aan, so wees maar net geduldig met my.

 

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Welkom

  1. Hi Wimpie, ek is bly dat jy n nuwe blog het en as n gewone man op die straat wil ek net se dat jy baie mense help sonder dat jy weet. Ek hoop en vertrou dat jy altyd n ikoon sal bly in die oosrand.

    Sterkte met die liefde en ek wens jou alle geluk toe.

    groete

    Nico
    0836584713

  2. Ina says:

    Hi

    Ek is bly ons kan nou weer met jou gesels.

    Lekker dag vir jou

  3. Griffel says:

    Geluk met die nuwe site Wimpie.

    Wat gaan aan dat almal in 2009 beplan om af te haak? Ek lees so paar ander manne beplan ook groot dinge…sterkte anyway!!!