Vrydag… vir drie redes!

Twee belangrike gebeurtenisse die naweek… wel actually drie!

Vandag is Vraydag die dertiende, legendariese status as gevolg van ‘n klomp Hollywood movies, en more is natuurlik die dag wat mans vrees en vroumense elke jaar voor wag…. hehehe!

Valentynsdag… ek het lanklaas iets gehad om te vier op valentynsdag, die jaar is ganadiglik ‘n uitsondering. Gelkkige valentynsdag vir jou Yolandi, ek hoop dis die eerste een van nog baie saam!

En dan beginne die Super 14 natuurlik ook vandag met my spannetjie die Stormers oorgehaal vir groot dinge die jaar en moremiddag op Nuweland in aksie teen die Sharks. Sterkte manne.

 

Ek hoop teen volgende week is ek gesond en kan ek rapporteer op ‘n wonderlike naweek. Geniet joune en bederf maar daai geliefde more hoor!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Vrydag… vir drie redes!

  1. Ina says:

    Ja nee jy word beslis nou oud. Ek het al 4 keer ingeloer en finally iets om te lees. Jy moet ‘n wonderlike naweek en valentynsdag hê, ek en manlief gaan vir die eerste keer in 22 jaar bietjie weg vir ‘n naweek.