Psychics en die ANC se verstommende ooreenkomste…

John Edward - psychic?? of net 'n ou wat geld maak uit mense se smart...

John Edward - psychic?? of net 'n ou wat geld maak uit mense se smart...

Die Joost van der Westhuizen-sage blyk bisar te wees met Joost wat nou reken hy ken die mense in die video…

Dat die waarheid sal uitkom is ‘n gegewe, dat die tatoe wat almal weet Joost het blykbaar nie op die video is nie, is ‘n kinkel in die kabel, kom ons wag en kyk voor ons gevolgtrekkings maak.

Die ANC se versekering aan sy kiesers dat “die ANC sal Suid-Afrika regeer tot Jesus kom” gaan onder skoot kom met die komende verkiesing wat vir April geskeduleer is. Jy kan nie net aanhou verskonings maak nie, een of ander tyd moet die party se dade begin saamstem met hulle manifes en mandaat van die Suid-Afrikaanse publiek.

Die skandale rondom die ANC en korrupsie en uitlatings deur hooggeplaasde partylede sou lankal tot die val van leierskap in beskaafde lande gelei het, maar ons weet mos maar dat Afrika-politiek anders werk. Suid-Afrika was nog altyd bietjie anders as ander Afrika lande, ons hou daarvan om te glo ons is bietjie meer gevorder as byvoorbeeld Zimbabwe, die komende verkiesing sal wys of ons daai trappie bo die res van Afrika is of nie.

Die ANC kan eenvoudig nie wegkom met die gemors wat hulle aanjaag op die oomblik ongestraf deur die kiesers nie, indien hulle daarmee wegkom het ons werklik rede tot kommer… ek glo hulle gaan betaal by die stembusse vir die sondes van Zuma, Malema, Niehaus en kie…

Ek het gister geskryf oor John Edward, die ou wat met dooies praat op televisie… worsbeursie het ‘n aanmerking gelos wat my op ‘n hele mission gestuur het oor sogenaamde “cold readings” en hoe dit gedoen word. As mens bietjie mensekennis het is dit maklik om iemand te laat glo hulle kommunikeer met geliefdes wat al lankal nie meer met ons is nie.

Dis waar, ouens soos John Edward vra eintlik vir jou die vrae om ddie storie te vertel wat jy wil hoor, dis ‘n kuns en dis al wat dit is. Dit het my ook op die baie interessante verhaal geplaas van Harry Houdini die bekende kulkunstenaar en sy vrou wat ‘n kode gehad het wat Harry na sy dood aan sy vrou sou oordra… Gaan lees gerus die storie by http://www.ial.goldthread.com/houdini.html┬ádis baie interessant en sal jou oortuig dat die hele storie oor psychics en medium net ‘n klomp snert is.

Lekker dag vir jou

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Psychics en die ANC se verstommende ooreenkomste…

  1. Worsbeursie says:

    Ek is bly jy het die links waardeer. Interessant ne? Dit het ‘n hele dag van my lewe gevat, toe ek eers begin oplees het, kon ek nie ophou nie. Daar is ‘n wonderlike South Park episode (Biggest douche in the universe) waar Kyle die hele ding so mooi uiteen sit, en dit is boonop skreeusnaaks ook, dit was op Youtube, maar is afgehaal. Soek tog eendag bietjie rond, dit is die moeite werd. Hier is een, maar ek dink dit is rof op bandwydte: http://video.aol.com/video-detail/south-park-the-biggest-douche-in-the-universe/1348996048