Opstelle hehehe!

Raymond Ray se eerste musiekvideo is gisteraand die eerste keer op televisie gesien.

Raymond Ray se eerste musiekvideo is gisteraand die eerste keer op televisie gesien.

Ek is besig om sleg te word, ek blog al hoe later en al hoe later!

Maak nie saak nie ek doen wat my deesdae gelukkig maak en ek sien nie meer die nut in om 05H30 op te staan want ek MOET daai tyd blog nie.

Vanoggend ry ek die scenic route Brakpan toe van my huis af, ek se die scenic route want almal wat my ken weet hoe verstrooid ek kan wees en dan ry ek die snaakste paaie om by my bestemming uit te kom, hoe dit ookal sy, ek ry toe so 35 minute aan ‘n trippie wat my so 15 minute behoort te vat, maar dis okay want dit gee my baie tyd om te dink en die lewe te bepeins.

So met die geryery saam dink ek toe hoekom mense skinder en twakpraat oor mense wat hulle nie ken nie. ‘n Great voorbeeld is een van my meisie se vriendinne wat dit haar lewensmission maak om my sleg te maak by haar vriendin, in hierdie geval toevallig my meisie.

Nou hoe meer ek daaraan dink hoe minder verstaan ek dit want ek glo nie ek het al langer as tien minute in my lewe met haar gepraat nie. Die enigste antwoord wat vir my sin maak is ook die domste antwoord wat daar bestaan en dis die een van persepsies. Jy sien mens maak jou mind op oor mense deur stories wat ander mense vir jou opdis, wat jy lees o wat deur hoorse oorgedra word… Nou daar is so baie probleme daarmee dit kan my een hele dag van blogging kos om dit uit te sorteer.

Ek gaan dit kort probeer hou. Hoeveel mense ken jy wat saam jou op skool was wat kon opstelle skryf…. nie veel nie ne, in elke klas was daar miskien een persoon wie se opstel min of meer uitgestaan het, die res was…. wel kom ons se maar net, afgryslik. Dit verbaas my hoe mense namate hulle ouer word skielik ontpop in hierdie opstelskrywers van formaat, gaan luister maar gerus hoe stories ingekleur word en oorvertel word in hoeveel kleur en romantiek en dan dink ek baie by myself ek wonder hoe het hulle opstelle op skool gelyk??

Anyway die truuk is om jouself nie te veel aan sulke mense te steur nie en te besef dat as iemand nie eers die moeite doen om jou self te leer ken nie, is daai persoon net eenvoudig nie werd om enige rol in jou lewe te speel nie en moet daai persoon met dieselfde passie uit jou lewe gehou word as wat die passie is waarmee daai persoon deel van jou lewe wil wees al is dit net om jou lewe te versuur. Nota aan myself,: goeie lewensfilisofie…. hou daarby!

Raymond Ray se musiekvideo Koel my af het gisteraand om presies 19H00 sy debuurt op televisie gemaak, ek het spesiaal huistoe gery om dit te gaan kyk…. trots… dis die gevoel wat by my opgekom het!

Raymond was gister in die ateljee en is vandag weer, ons is onder pressure as ons die CD teen einde Februarie op die rakke wil he, maar dis hoe ek daarvan hou, druk bring die beste in my uit…

Lekker gelag vanoggend op TV nuus toe die aanbieder verkondig: “Bafana Bafana possibly had their worst result in the last six starts after tasting defeat for the first time in six outings at the hands of Chile…” You think sherlock!

Laat my dink aan ‘n Frankism! hehehe

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to Opstelle hehehe!

  1. Ina says:

    Hey, onthou altyd en ek dink ek het dit al vir jou gesê die hoogste boom van altyd die meeste wind, en solank mense oor jou praat het hulle ten minste iets om oor te praat!!!

    lekker dag vir jou☺

  2. Yolandi says:

    Ek stem 100% met jou saam Ina….die dag wanneer mense nie meer van jou praat nie, dis dan wanneer jy moet begin worry ;-)
    Gelukkig weet Wimpie ek steur my nie aan wat ander mense sê nie!

    Lekker dag vir jou…

    PS: Nogmaals geluk met Ray se musiekvideo bokkie, dis awesome en beslis iets om op trots te wees!

  3. Ina says:

    Ek is bly om dit te hoor. Wimpie is ‘n mens soos almal en mense is feilbaar met foute nie een is volmaak nie. En daarom sal ons altyd vir hom lief wees en hom ondersteun.

  4. eugene says:

    vok bra teen die tyd weet jy mos almal het altyd iets te se maar as is mens jou aan alles moet steur wat jy hoor sal jy verbaas wees hoe min jy van jou eie lewe eintlik weet in die woorde van oom willem “fuck em all”