Om Cd’s te maak…

Daar is soveel dinge wat tans gebeur nie net in my lewe nie maar sommer in die wereld. Iemand het eendag gese “may you live in interesting times”.

Raymond Ray se loopbaan geniet tans voorkeur, ek moet ‘n band aanmekaar kry, sy klank moet uitgesorteer word, TV advertensie skedules, fliekadvertensies…. en dit alles kos geld, groot geld.

Die  CD begin einde se kant toe staan, die probleem as jy by iemand opneem soos met Raymond die geval is, wat so goed is in wat hy doen, dan wil almal by hom opneem en dan begin jy uit tyd uit hardloop. David Fourie, Ray Dylan, Willem Botha en Raymond neem tans by Byron op en almal wil hulle goed so gou as moontlik opgeneem he.

Die resultaat is dat ons bietjie laat loop met ons dinge maar dis seker maar ook met ‘n goeie doel aangesien ek gister met ‘n curveball gegooi is en nou eers gou Raymond se klank sal moet uitsorteer.

Dit gebeur hopelik vandag nog en dan sal ek weer op koers wees, soos ek gister verduidelik het dis moeiliker om ‘n band se klank te  doen as backtracks. Ek is nog op soek na ‘n drommer so as jy weet van iemand laat my weet.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Om Cd’s te maak…

  1. Ina says:

    Sterkte met jou soektog, ek hoop alles werk vinnig uit