Naweek…dankie!

stormersDis naweek… Dis Super 14… Ek hoop almal is ingeskryf in Daaglikse Doos se Super 14 kompetisie waar jy, jou eie span bestuur, ek is…. en my span is reg vir julle!

Groot besluite moet die naweek geneem word, dis tyd…

Ek gaan nie veel gorrel vandag nie, sterkte aan die Stormers ek het so ‘n gevoel hierdie naweek sal bepaal of dit nog ‘n hartverskeurende en frustreerende Super 14 seisoen gaan wees en of dit ‘n seisoen gaan wees waar ons werklik ‘n aanspraakmaker op die titel kan wees. Ek hoop laasgenoemde.

Ek en Raymond Ray het gister ‘n lang dag van beplanning gehad en dit smaak my alles is in plek en ons is reg vir alles wat moet gebeur. Die CD bekendstelling vir “Koel my af” is op 30 Maart by Emperor’s Palace, daar is net plek vir 120 gaste, laat weet my as jy deel wil wees van hierdie geskiedkundige oomblik, ek sal jou graag daar wil he.

Die bekendstellingtoer se datums sal in die volgende week gefinaliseer word en dan sal ek dit bekend maak.

Shimmer se liedjie “Alleen in Johannesburg” is nommer 1 op Oos Rand Stereo se tot tien. Knap gedaan girls ek is trots op julle!

Jy moet ‘n lekker naweek he en onthou om kliphard vir die Stormers te skreeu!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Naweek…dankie!

  1. Ina says:

    Hi Wimpie,

    Ons sal graag daar wil wees. Laat weet asb wat die kostes gaan wees. Jy moet ‘n fantastiese naweek hê ek hoop alles werk vir jou soos jy dit wil hê

  2. go stormers go!

  3. Liesel says:

    Haai, is jy ook ‘n stormer? Mooi so! Die Stormers het toe darem gewen, wonder wat gaan die naweek gebeur?