Dinsdag…. nou eers

Suid-Afrika bekommer my. Azapo gaan soos ‘n spul barbare te kere tydens ‘n televisiedebat en se agterna hulle is nie spyt daaroor nie en sal dit weer doen… huh? Politieke onverdraagsaamheid? Jy beter dit glo ja, daar is ook onverdraagsaamheid tussen die ANC en Cope en daar was die naweek weer geweld tussen ondersteuners van die ANC en die IVP.

Scary en maak my bekommerd.

Pick & Pay verklaar by monde van Raymond Ackerman aan die wereld laasweek Vrydag op talk radio 702 hoe hulle die voorloper is in die geveg teen laer pryse en dan kom daar ‘n ondersoek aan die lig die afgelope naweek wat bewys hulle gemiddelde prys per trollie is 7% duurder…

Facebook, het ek nou finaal besluit, is ‘n euwel, daar moet ‘n alternatief wees vir bemarking en professionele alternatief, wat van iets soos businessbook of iets soortgelyks waar jou besigheid sy profile oplaai en mense met soortgelyke besighede met mekaar kan netwerk? Ek begin al hoe meer dink daar is net geen riglyne vir facebook nie en daar is geen beheer nie, miskien omdat dit te groot geraak het?

Dit bekommer my dit enige Jan Rap en sy maat enigiets op Facebook kan kwytraak sonder enige voor die hand liggende gevolge? Die berigte in die pers oor mense wat selfmoord pleeg oor Facebook en selfs vermoor word oor dinge wat op Facebook kwytgeraak word.

Dis hoe dit gaan as daar nie regulasie is oor iets nie.

Ek het alweer baie werk om te doen vandag maar nou ja… kla help tog nie… ons het nog nie die lotto gewen nie.

 

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.