Betaal vir jou sondes!

Is daar iets in die lug of is dit net ek. Gister voel ek nog heel okay en lus vir die lewe, stelselmatig soos die dag aangaan voel ek al hoe slegter en teen slapenstyd gisteraand voel ek net eenvoudig ellendig, dit verduidelik natuurlik vandag se laat inskrywing!

Vandag is natuurlik weer daai tyd van die jaar wanneer ouens wat hou van ‘n goeie whiskey op sy tyd, of ‘n lekker biertjie saam die braaivleis, gestraf word, net omdat dit sosiaal aanvaarbaar is om te doen en omdat die regering lus voel om dit te doen.

Die sogenaamde ‘sondebelasting’ wat elke jaar voor ons kopppe gegooi word deur die minister van finansies, Trevor Manual, toevallig sy dertiende een die jaar, irriteer my. Hoekom stel hy nie eerder ‘n omkoop belasting in op ons onbetroubare polisie en Metro polisiebeamptes nie!

So maak jouself maar reg vir nog ‘n skok as jy ‘n doppie drink so nou en dan en om van die rokers nie eers te praat nie… gelukkig het ek opgehou, baie trots op myself… maar nou eet ek weer of daar more nie meer kos gaan wees nie… hehehe jy kan maar nie wen nie!

Miljoene mense sal ook vandag vanuit hulle sitkamers die grootste klug van hierdie dekade dophou wanneer Morgan Tsvangerai Eerste Minister van Zimbabwe word, Siestog die arme Zimbabwe en sy mense wat so aan die genade van die res van die wereld lees Suid-Afrika oorgelaat is net om deur almal gedrop te word.

Watter land gaan ekonomiese hulp aan ons bure verskaf solank as wat Mugabe nog president is?

Ek hoop jy spring die griep vry!

 

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Betaal vir jou sondes!

  1. Dellie says:

    Hi Wimpers! Ek het baie lanklaas by jou gekuier, maar is bly om te sien jy het geskuif WP toe. Sal meer gereeld kom inloer.

    Shame, hoop jy voel gou beter – die oog ook! :wink: