Bands of Backtracks?

Die debat oor backrack kunstenaars een kunstenaars wat met ‘n band optree is ‘n ou debad wat al holrug gery en deur bekende kunstenaars gevoer is, ek het geen intensie om hierby betrokke te raak nie, ek het sterk gevoellens hieroor en albei kante van die argument het stellings waarmee ek kan saamstem.

Die rede hoekom ek dit aanraak is Raymond Ray, om mee te begin en om realisties te wees sodat die algemene publiek dit kan verstaan kom ons breek die sommetjie op sodat almal kan verstaan waarvan ek praat.

Vir ‘n venue om ‘n kunstenaar te bespreek is daar ‘n paar goed wat in ag geneem word, maar die belangrikste hiervan is die koste daaraan verbonde. ‘n Bekende backtracker, sonder om name te noem so kom ons se maar net iemand wat in ‘n Idols tipe show op tv was en nou net begin naam maak in die musiekbedryf, se prys gaan wissel so tussen R2 000 en R5 000  afhangende van wie jy kry.

Nou moet ‘n jong sanger, wat rerig talentvol is en wat al 10 songs op sy eerste CD self geskryf het sonder om die wysies in Europe te gaan “leen”, volgens die selfaangestelde puriste van die Afrikaanse musiekbedryf, onmiddelik ‘n band kry anders kan hy nie ernstig opgeneem word as ‘n musikant nie…

Goed om mee te begin het ‘n band die volgende basiese vereistes nodig:

Backline (Instrumente)

P.A (Klankstelsel, mikrofone, versterkers, luidsprekers)

Klankingenieur/klankmenger.

Ek weet van geen klankmaatskappy wat bogenoemde vir jou sal verskaf vir ‘n show vir onder R1 500 nie. Volgende het jy die actual band nodig, of ouens wat vir jou sal session. Die going rate is so tussen R600 en R1 500. Kom ons gebruik Raymond Ray as ‘n voorbeel, Raymond het ‘n baskitaar, Keyboard, Drommer, lead kitaar speler en homself op akoesties nodig, dis sonder ‘n girl op backing vocals, kom ons werk op die minimum bedag van R600 per speler. Dit beteken om die band en die klank te betaal staan ons op R4 000, kom ons neem in ag dat die kunstenaar darem seker ten minste R1 500 behoort te verdien en dat agente wat die kunstenaar bespreek dit doen vir sy 20% kommissie. nou trek die sommetjie al op so R7 000.

As ek Ray vir die begin met backtracks laat optree kan ek dit doen vir so R3 000. Punt.

Einde van argument, simpel soos dit.

Later

Wimpie

PS. die middelweg vir my is om Raymond beskikbaar te stel saam met ‘n band of as ‘n solo kunstenaar teen twee verskillende prys, die keuse le by die persoon wat hom bespreek. Ek is op soek na ‘n basspeler, keyboard, drommer en lead kitaar speler, epos my by info@wimpie.co.za

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.