Arme Joost…

Joost van der Westhuizen en sy vrou wie se huwelik deur 'n reuse beprowing gaan op die rug van berigte in die pers die afgelope naweek wat Joost koppel aan 'n seks en dwelm skandaal.

Joost van der Westhuizen en sy vrou wie se huwelik deur 'n reuse beproewing gaan op die rug van berigte in die pers die afgelope naweek wat Joost koppel aan 'n seks en dwelm skandaal.

Ek kyk deesdae ‘n program op Zone Reality op DSTV met die naam van John Edward Psychic…

Bestaan dit rerig of is dit maar net iemand wat beskik oor goeie kommunikasie vaardighede wat die persoon met wie hy praat, kan oorreed om inligting onwetend te verskaf waarmee hy daai persoon, en die gehoor om die bos kan lei.

Ek weet nie, as ek mense sien wat in die toekoms kan insien, of met dooies kan kommunikeer, dan wonder ek altyd hoeveel geld het daai persoon. Die eerste ding wat ek sal doen as ek oor sulke magte beskik, is om seker te maak ek wen vinnig die lotto, daarna sal ek ‘n besigheid begin om elke denkbare misdaad op te los en te weet wie het wie vermoor, daar behoort dan geen onopgeloste misdaad in die wereld te wees nie…. dink bietjie daaroor.

Mense is snaakse goed en sal alles glo wat hulle in die media sien en hoor. Vat nou maar die Joost van der Westhuizen geval na die berrig wat gister in die pers verskyn het, op ‘n Sondag probeer ek soveel slaap as moontlik opvang so ek kry die Sondagkoerante sommer op die internet onder oe wat beteken ek kan ook die kommentaar sien wat lesers oor die berig skryf. Sowat 90% van die lesers van daai berig het sonder enige bewyse…. niemand het nog die video gesien nie behalwe die paar mense by die koerant…. vir Joost skuldig bevind en veroordeel tot in die dieptes van die hel in.

Ek ken die ou persoonlik, het ‘n hele paar jaar terug gereelde kontak met hom gehad, en ek moet se ek het hom nie so opgesom nie en as hy aanhou se hy is onskuldig dan is daar iets in my wat hom glo, miskien is ek verkeerd maar dis nie die punt nie, die punt is, as dit op TV gesien word, op die radio gehoor word of in die koerante gelees word dan MOET dit die waarheid wees.

Ekhet laasjaar eerstehandse ervaring van hierdie stelling gehad, en dis verkeerd, mense se lewens word vernietig en die mediabase word net al hoe ryker en al hoe ryker. Hoekom is van der Westhuizen nie die video gewys nie en hoekom moet hy hom nou tot die howe wend om die video te sien te kry? Ek sou dink dat hy eerste die video gewys moes word en dan om kommentaar genader moes word.

As hy kan bewys dis nie hy op die video nie, sien ek groot moeilikheid kom, hoe dit ookal is en wat die waarheid ookal is, die skade is gedoen, sommige mense koop nooit in hulle lewe ‘n koerant nie en sal dit net koop as die plakaat hulle genoeg interesseer om dit te doen. ‘Joost in kaal video’ is ‘n opskrif wat hulle sal maak moeite doen om die koerant vir daai uitawe te koop. ‘Joost onskuldig’ gaan hulle nie die koerant laat koop nie so al kom dit die week aan die lig dat dit nie hy in die video is nie, gaan baie van die afgelope naweek se lesers dit nooit eers weet nie…. Skuldig bevind deur die media.

Dink daaroor…

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

2 Responses to Arme Joost…

  1. Ina says:

    Dit wil amper soos ‘n Steve geval klink hy is ook in die pers veroordeel en skuldig bevind nog voor daar ‘n kans was om homself te verdedig. Ek weet ook dat jy eerstehande ervaring het om deur Jan publiek verhoor te word en dan somer ook skuldig bevind te word.

    Lekker dag vir jou

  2. Worsbeursie says:

    Ja jong, arme Joost. Ek dink regtig dit is nie hy nie. Ek hoop hy dagvaar daai simpel Rapport dat die blou rook so op hulle staan.

    Op die onderwerp van John Edward, dit is beslis nie waar dat hy met dooies kan praat nie. Lees bietjie op oor Cold Reading http://en.wikipedia.org/wiki/Cold_reading
    Dit is baie interessant, en dit verduidelik baie mooi wat John en ander ‘Psychics’ doen. Jy kan dalk self hierdie tegnieke aanleer en so bietjie geld maak uit die ding uit. http://www.skeptics.com.au/articles/coldread.htm