Alweer Mixt…

Ek baklei al lankal teen Mixt en die gevare van die diens. Die Polisie het nou uiteindelik begin met ‘n bewusmakingsveldtog oor die gevare van Mixt nadat ‘, 13 jarige meisie naakfoto’s van haarself op Mixt gehad het.

Huh? 13 Jaar ou, wat is fout met ons jeug van vandag, mense wat nie so gereeld uitkom soos ek nie lewe in ‘n waan wat hulle kinders aanbetref, dieselfde bloedjies wat Sondagoggend saam et jou vroom in die kerk sit ondergaan ‘n gedaanteverwisseling wanneer hulle ouers nie by is nie.

Jong manne moet hulself bewys deur met hulle karre en dronklywe soos besetenes deur die dorp se strate te jaag en te kyk wie hulle kan impress met bultende steroids (vir die rugby jy weet) spiere. Wat ouers nie weet nie is hoe agressief hierdie sogenaamde “hulpmiddels” hulle seuntjies maak nie.

Die meisies ‘para’deer in kort rokkies en vloek en skel net so erg soos die ergste matroos, ek weet, ek sien dit daagliks. Hoe in jou lewe kan jy verklaar dat kinders van 13 jaar oud naakfoto’s van hulself op Mit sit? Maklik jy laat dan toe dat jou kinders van 13 jaar ou heeldag met mans van 20 tot 40 klets op Mixt en dan verstaan ons nie wat ons kinders aanvang nie.

Dink nou gou bietjie mooi…. sal jy toelaat dat jou dogter van 13 jaar oud in ‘n kroeg sit en chat met ‘n ou van 30 jaar oud van 17H00 tot 23Hoo…. nee natuurlik nie, maar as dit op Mixt gebeur is dit vir een of ander onverklaarbare rede ‘aanvaarbaar’…. of hoe gaan die ou gesegde wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie?! Komaan mense word wakker en ruik die koffie. Mixt is ‘n euwel en baste met die res!

Oscar Pistorius het blykbaar ‘n paar lekker biere agter die blad gehad voor sy bootongeluk op die Vaalrivier… Interessante gesprek op 702 gehoor gister oor die gevare op die Vaalrivier, moet byvoorbeeld nie naby die kant ry met ‘n boot nie, na die afgelope tyd so goeie reenval is daar bome wat onder water is wat nie voorheen onder water was nie… Volgens Peter Lindenberg is daar ook geen polisie teenwoordig op die rivier nie wat veroorsaak dat mense maak wat hulle wil op ‘n uiters gevaarlike bootsnelweg va 76 km, laat jou dink ne.

More begin die groot krieket op die Wanderers hier in Johannesburg, ek gaan probeer om Wian moreoggend te vat om die begin van die eerste toets tussen die twee beste spanne in die wereld te sien. My kind het ‘n lefde vir krieket ontdek, meer as vir rugby! Ek weet dat nou is die tyd om daai liefde ‘n hupstoot te gee om hom te vat om ‘n game te gaan kyk. Ek kan nog onthou toe my pa my en broer gevat het om ons eerste krieketwedstryd op die Wanderers te gaan kyk en ek kan nog onthou hoe Greame Pollock daai dag ‘n hondertal aangeteken het en ek kan onthou hoe Mike Proctor vir Dennis Amis van die eerste Stephen Jeffreys bal van die dag gevang het, ek verbeel my dit was 1981 teen die engelse rebelle toerspan. Daarna het ek altyd ‘n liefde gehad vir die game, dis tyd om die nageslag ook daai belangstelling te laat kweek!

Dis my storie vir die dag!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

3 Responses to Alweer Mixt…

  1. Stephen Jeffries. Wie kan hom nou ooit vergeet!

    • Wimpie says:

      hehehe ja BIB weet jy stephen Jeffries is die enigste ou in SA wat al 10 paaltjies in een beurt gevat het, ek dink dit was teen Transvaal.

  2. Ina says:

    Hi, Mixt is ‘n groot euwel maar ek dink vandag se kinders het dit baie moeiliker as wat ons gehad het hulle moet met allerande elemente uithang gedurende skooltyd en sit is waar al die stront uitbroei.