Alweer die pers! of nog steeds?

‘n Suksesvolle naweek wat die rugby aanbetref alhoewel ek nog ver van opgewonde is oor die Stormers, dit verbaas my hoe ons jaar na jaar sukkel met dieselfde probleme… ‘n wedstryd is 80 minute lank nie 60 nie!

Groot geskrik gisteraand, erge borspyn ondervind, net vir ‘n oomblik gedink dit het iets met ‘n hartaanval uit te waai, miskien was dit net ‘n wind wat vasgesit het of dalk het dit iets uit te waai¬† met die feit dat ek heeltemal opgehou rook het, tyd sal seker maar die antwoorde verskaf.

Ek sien die Joost-saga is besig om op te warm met insinuasies van professionele jaloesie en die name van Kurt Darren en AJ venter wat genoem word. Huh? Ek ken vir Kurt nogal redelik goed, ek het ook saam met Joost gewerk op ‘n tyd en ek vind dit moeilik om al die stories tans in omloop van fiksie te skei.

Ek het met die begin van die sage gese ek glo Joost se weergawe, ek staan nog daarby maar as hy besig is om te jok, kan hy min simpatie verwag in die toekoms en sal dit professionele selfmoord beteken…. vir hom… en sy vrou!

Dan sien ek my ‘gunsteling’ verslaggewer het weer vanoggend ‘n onderhoud met sy selferkende held gevoer en die arme media…. waarvan die verslaggewer self ‘n lid is, word weer uitmeaar geskeur en blameer vir alles wat verkeerd gaan in die wereld….ai!

Ek gaan eerder niks se nie, lekker dag vir jou.

 

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.