Lekker!

Wou nie rerig vandag blog nie, ek is alweer gedaan…

Moet darem net terugvoering gee van my krieket uitstappie saam met Wian. Wat ‘n dag ek sal nie die blink in daai ogies vergeet en die opgewondenheid toe Dale Steyn met die derde bal van die dag ontslae raak van Hughes nie, en dan praat ek nie eers van die Zulu krete toe hy Makhaya Ntini die eerste keer sien boul het nie.

Die res van die land kan by die kinders gaan leer hoe die toekoms moet lyk…

Die uiteinde van die saak is, ek is vrywillig verplig om weer te gaan…. Saondag sommer! Lekker.

Dis naweek, go Stormertjies, geniet joune tot volgede week.

 

Wimpie

Ps. Gisterand die sanger Gideon ‘Murg’  raakgeloop, nice ou lekker gechat ek vertel volgende week meer.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

One Response to Lekker!

  1. Meermin says:

    Bly jy het die krieket geniet. Volgende wil ek saam!!!

    Hopenlik kan ek nou comments los op jou nuwe blog want op jou ou blog kon ek nie meer comments los!