Sangers, bloghelde van Suid-Afrika en die wereld!

Nou ja hier is Raymond Ray se CD cover uiteindelik. Ek behoort die nuwe video vanaand te kry as alles goed gaan en dan is dit vakansietyd vir die uwe.

Voor die hele vakansie ding kan gebeur moet die volgende plaasvind, ek het shows met Pieter Koen, Prime Circle, Raymond Ray, Shimmer, Bok van Blerk, Silhouette, Rea le Roux en Kurt Darren. Dit klink nog so ver maar dis actually net vier shows. Direk na Raymond en Shimmer se show op die 18e Desember spring ek in die kar en ry op my welverdiende vakansie…. ek kan nie meer wag nie!

Dis wat aangaan in Wimpie – wereld, in die res van die wereld is dit nog maar dieselfde lyk dit vir my, ek lag alweer vir Frank Botha vandag, ek sweer die ou lewe in sy eie wereld. Reg op privaatheid, ALMAL wat daar inloer…. huh Steve, sorry Frank, wat gaan aan met jou? Daar is nie supersterre in die blogwereld nie, almal loer by jou in want almal loer min of meer by almal in, ek loer by jou in want jy laat my lag met die goed waarmee jy opkom, dis soms snaaks, soms, of meerendeels absurd en dis goeie vermaak. Niemand kan enigiets wat hy se ernstig opneem nie en ek wonder soms of hy nie die dinge se wat hy doen om reaksie uit te lok nie.

Vir die blote vermaaklikheidswaarde wat Daaglikse Dosis aan my verskaf verdien die ou nog ‘n adverteerder of twee.

Ek gaan op vakansie van die 18e af en sal dus die laaste keer blog op die 17e Desember, anders as ou Frank, as ek op vakansie gaan, dan gaan ek! Ek sal weer terug wees op my pos die 8e Januarie, ek dink dis ‘n Vrydag maar ek weet dis Elvis se verjaardag!

Ek kyk nou die aand toevallig ‘n musiekvideo van ‘n bekende sanger en ek kon my ore nie glo toe ek ‘n sekere statement hoor wat hy op die video maak nie, ‘n statement wat hy etlike maande later sou aanpas om homself te pas en eintlik die een op die video weerspreek, ek bere daai stukkie inligting in een van my geheue files tot ek hom weer later nodig het…. wys jy maar net weer mens moet versigtig wees wat jy in boeke skryf…. in videos se…. of op blogs skryf!

Nou ja, hopelik teen more… het ek ‘n nuwe video om julle te wys!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.