Nog net 2 weke!

Groot dag gewees gister, Raymond Ray se musiekvideo is klaar, sy CD cover is klaar en die CD sal ook einde Januarie volgende jaar klaar wees.

Die video begin van volgende week af op televisie speel en is ook op youtube by die volgende link beskikbaar:

Die musiekvideo vir Shimmer se ‘Net een van daii dae’ behoort ook vroeg aanstaande week klaar te wees.

Vakansie is om die draai en ek moet se hierdie is een van die vakansies waarna ek seker die meeste in my lewe uitsien, die was ‘n lang meedoonlose jaar en miskien so ‘n maand te lank vir my!

Vasbyt vir nog net twee weke is my voorland en dan kan ek ‘n breek vat.

Wat de hel gaan in Zimbabwe aan en hoe lank kan die deurmekaar plekkie Noord van die Limpopo nog staande bly teen die breindood regime van Robert Mugabe, en nou het hlle Cholera epedemie ook nog na Suid-Afrika versprei….ai!

Mnre. Paul Mashatile, Gautengse premier, en Firoz Cachalia, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het tydens ’n mediakonferensie by die premierskantoor in Johannesburg die provinsie se strategie bekendgemaak om gewelddadige rooftogte stop te sit.

Daar sal veral gefokus word op kapings, bankverwante, huis- en transitorooftogte.
Nou eers?? Bietjie laat sou ek se, en na Sondagaand se Carte Blanche insetsel oor korrupte polisie is ek al hoe meer spyt oor die afsterwe van die Skerpioene.

Nou ja dis my storie vir vandag, kyk gerus na Raymond se musiekvideo, ek is besonder trots daarop, dankie aan my vennoot Joe F vir die redigering en wat gesorg het dat Raymond se debuut liedjie op standaard is.

Jy kan Raymond Ray en Shimmer op 18 Desember by die Birchwood Hotel in Boksburg in aksie sien tyden die Birchwood hote se eerste Afrikaanse musiekfees, saam met Bok van Blerk, skakel gerus vir Patience by 011 897 0000 vir kaartjies, sien jou daar, dis my laaste stukkie werk vir ’08!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.