Die son brand eina!

Ek is nie heeltemal gelukkig met Raymond Ray se musiekvideo nie en het ‘n paar veranderings aangebring wat ek seker so teen Dinsdag se kant heeltemal klaar sal he.

Hoekom vra mense my oor die naweek, het ek nou skielik ‘n perfeksionis geraak? Nee, ek is net baie ernstig hieroor en wil he alles moet die wow-faktor he en dis nog nie heeltemal vir my daar nie so ek sal eerder ‘n paar dae terughou, alles in High Devinision (HD) regkryy en ‘n paar edits doen tot ek heeltemal tevrede is…

Vanoggend antwoord Beeld toe die vraag wat ek al jare lank vra vir my… Hoeveel mense gaan elke jaar op ons paaie dood en is hierdie moerse Arrive Alive campaign wat elke Desember maand teen groot koste aangegaan word die moeite werd.

Jaarliks sterf sowat 14 200 mense op Suid-Afrikaanse paaie, ek se al lankal ons tel net beter in Desember en dit lyk my ek is reg. Jy kan nie mense die hele jaar toelaat om te maak en breek soos hulle wil op die paaie en Desembermaand wil jy wakker skrik nie. Mense moet ge-educate raak op die paaie en ‘n vinnige een maand campaign gaan dit nie regkry nie.

Dis verstommend dat 30%+ mense wat jaarliks sterf, voetgangers is!

Baie geluk aan die Bokke se sewes span….weer! Hulle vryf maar net byna daagliks die sout in die wonde van mense soos Butana Khompela en maak ‘n bespotting van die burokrasie, mooi so manne!

Is dit my verbeelding of raak die Million Dollar by Sun City ‘n bietjie afgesaag? Die toernooi het baie van sy glans die afgelope paar jaar verloor en die top spelers in die wereld speel lankal nie meer daar nie. Miskien is dit tyd vir die grootkoppe by Nedbank om weer hierna te kyk en met iets nuut en oorspronklik voorendag te kom en weer die groot name by die toernooi te kry. Ek persoonlik sou nie die jaar oor my voete val om die spulletjie in aksie te sien nie…

Die uwe het ‘n lekker rustige naweek gehad en het so bietjie Wimpie-tyd geskep wat broodnodig was, in die proses het ek oudergewoonte gister myself disnis verbrand by die viswater en die oumense weer reg bewys…. jy brand die seerste wanneer dits so effe bewol is langs die water. Die visvangery was minder suksesvol!

Nog net twee wekies dan breek vakansietyd vir my aan en ek is nou ernstig besig om af te skaal wat my aktiwiteite aanbetref.

Lekker!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.