Trots op BOTB!

Rumours is ‘n snaakse ding, veral in die musiekbedryf, maar sommer in die lewe in die algemeen. Sulke rumours word begin vir snaakse redes ek weet self nie hoekom nie, een so ‘n rumour het my in rep en roer gehad die afgelope dag of wat.

Dis ‘n rumour oor ‘n baie bekende internasionale sanger wat skynbaar Suid-Afrika in 2009 gaan besoek, as jy so iets gehoor det dan is dit presies wat dit is op die oomblik, na verskeie oproepe Amerika toe kan ek bevestig, dis al wat dit is, helaas nog net ‘n rumour….ai!

Dit lyk my asof my naweek al weer ‘n werknaweek gaan uitdraai en ek begin dit ernstig oorweeg om my Maandae heeltemal uit my week te haal en soos my Sondae te maak wat dan sal beteken dat my week van Dinsdag tot Saterdag sal werk.

‘n Poging om bietjie af te skakel en my bloeddruk onder beheer te kry, ek weet dit sal seker nie so uitwerk nie maar nou ja kom ons kyk maar wat gebeur, miskien is ek gelukkig.

Goeie nuus wat die CD aanbetref is dat dit nou geplaylist is by die volgende stasies. Tuks FM, UJ FM, Radio Platorand, Radio Kragbron, Vaal Community Radio, IFM, Oos Rand Stereo, Radio Puk en Radio Midrand, nie te sleg nie.

Die liedjies wat die meeste geplaylist word is Jy maak my kniee lam, Summer, Feel en Ancient Lullaby, Scaffold 37 en Motel Ink het ook playlisting gekry wat my nogal opgewonde maak. Jy maak my kniee lam is na twee weke nommer 7 op Oos Rand Stereo se treffersparade, ek is trots en bly!

Nou ja vanaand kuier Jay bietjie by my en Adam Tas more.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.