The last farewell…

Wel na verskeie konsultasies gaan die lewe voort soos normaal. Ek het die volste vertroue in die Suid-Afrikaanse regstelsel en glo dat geregtigheid sal geskiet. Daar is geen twyfel by my dat ek die teiken was van ‘n goed georkestreerde media aanslag om druk op Brikor te plaas om die uitstaande Brugbou gelde oor te betaal nie.

Wie agter hierdie komplot staan weet ek baie goed, inteendeel ek het bewyse wat die ouens op CSI sal laat bloos. Hierdie bewyse sal ek aan die einde van die hele siek sage op die dag wat ek my brugbou tjek aan liefdadigheid skenk, bekend maak. Reputasies gaan aan skerwe spat en die publiek gaan agter verskuilde agendas deursien maar dit is tot daarnatoe, ek het klaar gepraat…. vir nou, Feredi praat van hier af.

Ek gaan koop toe Maandagmiddag, op moedverloor se vlakte, dis nogal erg as mense jou so onderlangs aankyk en jy voel lus en gryp hulle aan die keel en se “Jy weet nie wat die ware storie is nie”! (Ek het intusssen besluit om niks met niemand te bespreek nie, my praatbeurt kom later) anyway ek gaan koop toe Louis van Wyk se boek so jy dink jy wil ‘n ster wees.

Ek koop die boek vir drie redes, eerstens hou en daarvan om alle kante van ‘n storie te hoor, tweedens gaan dit oor my beroep en derdens seker maar omdat ek ook bietjie met die pers te doen het deesdae. As jy skinderstories verwag oor die sogenaamde sterre in Suid-Afrika, gaan jy teleurgestel wees, as jy wil weet hoe die pers in Suid-Afrika werk, sal dit ‘n oogoopmaker wees, hoe dit ookal is, ek lees toe sommer gou die boek in ‘n aand klaar, goeie leesstof sal jou laat verstaan hoe groot die ego’s in hierdie bedryf rerig is.

Ek is vanoggend oppad platemaatskappy toe, gisteraand gehoor dit gaan bietjie omkoopwerk verg met ‘n paar van die borg se bottels as ek wil voorraad het van die BOTB CD teen Saterdag by die Witbank skou….

Drie van die bands op die CD tree Saterdag op by die Witbank skou, hulle is Scintillate, Hansie Slim en Motel Ink.
Sien uit daarna en hou duimvas ek het voorraad teen dan. More gee ek detail oor die ander drie CD Launches hier in Gauteng.

Ander nuus is dat Adolph de Beer se eerste solo-projek teen Desember op die planke sal wees. The Roger Whittaker Story vertel die verhaal van die voormalige radio persoonlikheid wat verantwoordelik was vir treffers soos Durham Town, I don’t believe in if en The Last Farewell.

Ek laat weet jou waar en wanneer jy hierdie besondere produksie sal kan sien en natuurlik watter liedjies jy kan verwag, dit gaan awesome wees!

More gee ek nuus oor Aardklop en wanneer jy die CD kan kry, tot dan!

Wimpie

Ps: My Brugbou memoirs vorder mooi, skryf elke geleentheid wat ek kry nog ‘n bietjie, miskien plaas ek more ‘n voorsmakie…

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.