Slapgatte!

Die lewe is vol siniese mense, en frankly is ek gatvol daarvoor.

Ek kan nie verstaan hoe mense gedaanteverwisselings kan ondergaan in ‘n kwessie van letterlik minute of nader aan die waarheid…. sekondes!

Met my is daar seker nie rerig ‘n middelweg nie, jy hou van my of jy doen nie, want ek is so, soos ek op die radio was so is ek in die regte lewe, ek is reguit, se wat ek voel en vertel jou waar jy met my staan, nie almal hou daarvan nie maar dit is hoe ek is, dit het een voordeel en dit is dat ek nooit agter jou rug gaan se wat ek nie voor jou gaan se nie.

Dit verbaas my hoe mense aande om kan kuier om oor my te spekuleer en te gesels….. fok man as jy iets wil weet tel die foon op en bel my, ek sal jou se, of beter nog klim in die kar ry na my toe en vra my, moenie twee op ‘n slag my vir aande sit en beskinder en wanneer julle twee my apart van mekaar sien wil julle my opvreet nie. Weet jy wat dit kom by my uit en veroorsaak net dat ek geen, zero respek vir jou het nie want in my oe is jy net eenvoudig ruggraatloos en ‘n slapgat!

En die bottomline is ek het nie een van julle twee se sogenaamde vriendskap, en/of besigheid of enige form van ruggraatloosheid nodig nie. Ek is elke keer as ‘n skinderstorie sy weg na my toe vind, so bietjie verlig want dis een minder sms wat oor kersfees en nuwejaar gestuur ,moet word, een minder oproep per week wat gemaak hoef te word en, en, en…. ek is seker jy verstaan wat ek bedoel.

Kry ‘n lewe van jou eie, los myne uit, skinder oor iemand anders wat OOK meer bekend is as julle, jy weet iemand soos Charlie Brown of as dit julle happy maak skinder oor my soveel as julle wil, moet dan net nie voor my voorgee om my beste vriend op aarde te wees nie. JULLE IS SIEK fkn seuntjies van so plus minus gelyke verstandelike redeneringsvermoe as my seuntjie van sewe.

Okay ek moes dit net uit my sisteem kry, ek kan nie glo dat aande se kuiertjies spandeer word om oor my kak te praat nie, ek moet seker maar ‘n moerse impak op mense se lewens he.

Anyway ek het ‘n tamaai week wat voorle, daar is twee CD Launches wat op my wag die week, een Woensdag, dis vakansiedag, by firkin in Centurion en dan een Saterdag by Firkin in Boksburg. Die week daarna is ek ‘n paar dae in die Kaap as Wian aan die SA tuimel kampioenskappe gaan deelneem en van daar af is dit reguit Potch toe vir Aardklop.
Die program vir albei Firkin launches is:

Scintillate (4) 23H15 -0000

Hansie Slim (4) 22H30 – 23H15

Motel Ink (6) 21H45 – 22H30

Ladiva (4) 21H00 – 21H45

Cunning Brad (3) 20H15 – 21H00

Die Maverick (5) 19H30 – 20H15

Whining Orphans (5) 18H45 – 19H30

Scaffold 37 (4) 18H00 – 18H45

Zaltara (4) 17H15 – 18H00

Root of Eternal (5) 16H30 – 17H15

My Untold Legacy (5) 15H45 – 16H30

Silhouette (2) 15H00 – 15H45

Ek moet roer het ‘n vergadering vanoggend met Joe F in Pretoria, dan met Snotkop voor ek ‘n draai gaan maak by hulle musiekvideo shoot en dan is ek by Wasserfall se nuwe CD launch vanaand…. rof … tussendeur moet ek ‘n draai maak by altwee Firkins…ai en nog probeer opvang met die jongste Wimpie van der Sandt skindernuus, ek sien hoeka ek was weer gister die hele Sondag koerant vol, ek dink ek is nou meer famous as ooit by die radio!

Baie dinge gaan ook hopelik teen volgende week gefinaliseer wees sover as Brugflop aangaan maar daaroor rep ek nie ‘n woord nie…. nie nou nie in alle geval.

Lekker dag vir jou ook!

Wimpie

PS. Arme Thabo Mbeki, welkom in Wimpie wereld, ek dink die messe in jou rug is dalk net bietjie langer as die wat in my rug steek!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.