Roadshow tyd!

Ek is nou by die punt waar die jaar maar gerus kan verbygaan en volgende jaar maar kan kom.

12 Maart tot 19 April 2009 is dit tyd vir die groot roadshow. Joe F, Scintillate, Hansie Slim, Motel Ink en Ray Oberholzer vat die pad vir vyf weke in ‘n toer wat Bloemfontein, Kroonstad, Upington, Namibie, Melkbosstrand, Stellenbosh, Vredendal, Port Elizabeth, Jeffreysbaai, Nelspruit, Sabie, Witbank en Rustenburg sal insluit.

Drie en twintig shows in 38 dae, ek sien uit daarna, ek kan eintlik nie wag nie. Joe F is ‘n ou bekende en een van die beste rockers in die land, gister ‘n paar baie lekker stories met hom gedeel oor vorige toere.

Schimmer is ‘n girl band van die Last Outpost in Durban wat Afrikaans sing, klaar ‘n prestasie! hulle debuut album is basies klaar, ek gaan gou vandag luister om te hoor of ek tevrede is met die resultaat, ek kan nie dink ek sal wees nie, ek is seker daar is nog ‘n bietjie skaafwerk aan maar ek sal wel vandag uitvind.

Jy kan Schimmer by Aardklop in aksie sien by Bourbon Street sowel as Motel Ink wie se beplanning vir hulle CD op die oomblik, in ‘n gevorderde stadium is.

Moenie vergeet van die twee BOTB CD launches wat more, ja dit is nasionale braaidag! by Firkin Centurion en Saterdag by Firkin Boksburg plaasvind nie, hier is die program weer:

Scintillate (4) 23H15 -0000

Hansie Slim (4) 22H30 – 23H15

Motel Ink (6) 21H45 – 22H30

Ladiva (4) 21H00 – 21H45

Cunning Brad (3) 20H15 – 21H00

Die Maverick (5) 19H30 – 20H15

Whining Orphans (5) 18H45 – 19H30

Scaffold 37 (4) 18H00 – 18H45

Zaltara (4) 17H15 – 18H00

Root of Eternal (5) 16H30 – 17H15

My Untold Legacy (5) 15H45 – 16H30

Silhouette (2) 15H00 – 15H45

Sorg dat jy daar uitkom en kom se hallo, ek sal jou update met alles wat jy wil weet… hey jy weet nooit miskien kom se Anton Goosen ook dag!

Ek glo nie ek gaan more blog nie ek het ‘n lang dag wat voorle en baie om te doen maar wanneer ek Donderdag terugkom vertel ek jou waar ek oral by Aardklop gaan wees.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.