Moeg?

Die Kaap bly maar die beskawing en dit was uiters noodsaaklik dat ek wel daar uitkom wat ek wel gedoen het, baie goeie vergadering gehad wat vrede vir my gebring het, ek is bly en verlig.

Baie tyd gehad om bietjie op te vang met alles wat aangaan in die wereld op die vliegtuig en ek moet tot my skaamte erken dat ek nie heeltemaal meer so up to date is met wereldgebeure soos ek altyd was nie.

As ek reglees is nie almal in die wereld te opgewonde oor die transaksie in Zimbabwe nie, dis verregaande dat iemand wat die verkiesing in sy land verloor het, nog steeds kan aandring op sekere regte en poste en wat vir my die meeste rede tot kommer gee is dat Mugabe, volgens die ooreenkoms, nog steeds beheer oor die weermag het. Absurd! Maar nou ja dis ten minste ‘n stappie in die regte rigting al is dit ‘n baie klein stappie.

Hier op die plaaslike front is dit scary wat die ANC jeugliga alles kwytraak oor pres. Mbeki en oor die stryd om hom sover te kry om te bedank, ek dink nie heeltemal hulle het Jacob Zuma se hofsaak en / of die uitspraak mooi gelees nie.

Ek het weer ‘n mal dag vandag en voel rerig gedreineer, ek beginne dink ‘n klein breek is al meer nodig om die batterye te herlaai, sou dit graag in die Kaap wou gaan doen maar ek dink dis maar net ‘n gedagte wat nie nou kan realiseer nie.

Aardklop is om die draai en dit gaan erg wees op my en my span.

Baie geluk aan Paul van Next Music wat gister weer, die tweede keer, pa geword het!

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.