Kaap toe vir die dag…

My seun is ‘n krieketspeler.

Saterdag kry ek toe nou die eerste keer die geleentheid om Wian in aksie te sien op ‘n krieketveld, hy wen sommer opslag ‘n medalje vir die beste bouler en ek begin al sien hoe speel hy eendag vir die Proteas…

Ek dag Saterdag gaan ‘n heerlike lentedag wees en vrek amper van die koue langs die krieketveld sonder ‘n baadjie.

Jakkie Louw is vinnig besig om een van my gunsteling Afrikaanse kunstenaars te word, as jy nog nie vir Jakkie lewendig gesien het nie dan moet jy ‘n plan maak, die man is briljant en weet hoe om te vermaak, as hy naby jou optree gaan kyk.

Gister het en vir die tweeede keer die jaar myself die kans gegee om bietjie te gaan fliek, die nuwe Adam Sandler movie, lekker gelag op party plekke, goeie vermaak gewees moenie ‘n Oscar bekroonde rolprent verwag nie, maar goed vir ‘n paar glimlagte…

Ek het vandag heelwat om te doen, moet alles wat ek more ook wil doen klaarmaak aangesien die Brugbou konsert my forseer om more uitstedig te wees, ek vlieg more vroeg Kaapstad toe en vlieg weer moreaand terug vir ‘n vergadering wat uiters interessant behoort te wees, die vergadering is so belangrik dat ek spesiaal lughawe toe vlieg, niks van die mooiste Kaap behalwe die Spur op die lughawe gaan sien nie, en dieselfde aand weer terugvlieg.

Wat kan so belangrik wees, ek het nie kommentaar nie soos ek ook nie meer met die pers, wat alles wat jy se verdraai om hulle eie agendas te pas, praat nie.

Wanneer ek reg is om so te maak sal ek ‘n verklaring uitreik en wanneer my prokureur se ek kan so maak, dan sal ek. Ek neem kennis van uitsprake wat deur ander rolspelers in die verhaal op ander internet forums gemaak word en gaan nog steeds nie reaeer nie. Woensdag sal ander rolspelers se monde gesnoer word, nie deur my nie….

Al wat ek kan se is dat dit ‘n baie belangrike vergadering is waarvoor ek Kaap toe vlieg en dit moet gedoen word. Net soos ….. okay nee toemaar laat ek stilbly, weet net ek bly stil maar dit druis teen al my beginsels in.

Nou ja dis omtrent my volgende twee dae in ‘n nutshell, sal darem graag ten minste die berg wou sien maar nou ja!

Lekker dag vir jou!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.