Die ironie van die lewe

Die lewe is gelaai met ironie.

“n Kunstenaarsvriend van my skakel my gister onverwags en se: “di nk jy nie dis ironies wat nou met jou gebeur nie, na alles wat jy probeer regkry het met brugbou dat alles so in jou gesig kan ontplof nie”.

Ironies? Ja seker, kyk nou maar net, gister was Lentedag en ons bibber van die koue. “Hoe het jy gereken jy gaan 10 000 mense by daai konsert kry?” vra dieselfde vriend my.

Eenvoudig Steve het skaars twee jaar vantevore die Sun City Superbowl vyf keer volgemaak en sowat 25 000 mense getrek, net meer as 18 maande vantevore het die Steve plus 8 vertonings Carnival City ‘n paar keer volgemaak en skaars ses vaande voor Brugbou het meer as 9 000 mense na ‘n kinderknsert, ook by Carnival City gaan kyk…. ironies? Seker maar….

Alle geval dis nou oor en verby. Die belangrike ding is om nie eenkant op ‘n hopie te gaan sit en doodgaan nie maar om die lewe in die oe te kyk en aan te gaan.

Die lewe staan ongelukkig nie stil nie en het ‘n vieslike gewoonte om aan te gaan, met jou of sonder jou. Ek verkies dat dit met my sal wees. Een belangrike les het ek in my lewe geleer en dis dat mens se vriende eintlik baie min en baie ver uitmekaar verwyder is. As jy 500 mense op jou selfoon se kontaklysie het kan jy op minder as 10% daarvan staatmaak om agter jou te staan, dis maar alles deel van die ironie van die lewe.

Ek het nie vandag lus vir baie tob oor die lewe nie, ek is wel lus om die stang vas te byt en aan te gaan en om ‘n beter mens hieruit te kom, ja ek het baie houe gevat, en in my oe baie onnodige houe gevat en die mense vir wie ek probeer goed doen het, het my in die gesig geskop, maar dis maar hoe mense is en niemansd gaan dit ooit verander nie, nie jy nie en beslis nie ek nie. Ons almal het maar een of ander gemene streep in hulle soos ek die laaste week of wat agter gekom het, beteken dit ek moet aanpas en ook so raak of moet ek nog steeds glo almal het iets goed in hom of haar? Ek verkies om te bly glo in almal se goedheid.

Aardklop is oppad en ek het baie werk om te doen met die oog daarop. Ek laat weet more van alles wat daar in Potch gebeur en ek laat weet van die bekendstelling van die CD. Nee ek het nie die CD laat vaar nie, ons het net die DVD se klankbaan laat oor master en is bietjie agter skedule as gevolg daarvan, ons sal reg wees vir die Witbank skou die Saterdag.

Later

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.