Dankie vir die naweek….uhm nee Sondag.

Afrika politiek…

Vandag sal ‘n groot toets wees vir Suid-Afrika se jong demokrasie wees wanneer Jacob Zuma sa hoor of sy hofsaak voortgaan. Ek sien vanoggend die ANC se hy kan nie vrede waarborg by die hof nie, ai ek hou asem op…

In Zimbabwe is Mugabe nie meer die alleenheerser in Mugabewe nie, goeie nuus ek is seker en ek sien uit na die geldelike herstel van ons buurstaat noord.

Op die persoonlike front is ek besonder bly hierdie naweek het aangebreek, nie dat dit enige verskil vir my maak nie, ek werk vandag vroeg al en ek gaan aanhou werk seker tot moreoggend vroeg met net so ‘n uur breek om vinnig my afskeid by die radio te gaan bywoon.

Moreoggend gaan ek kyk hoe speel Wian krieket vir die eerste keer…. nie sy eerste keer nie, maar myne uhm die eerste keer dat ek kans kry om te gaan kyk, ek weet nie wie is meer senuagtig nie ek of hy…

12H00 het ek ‘n afspraak met ‘n bekende Afrikaanse sangeres wat wil he ek moet haar bestuur, ons sal gesels en kyk waar kom ons uit.

Ek is deeglik bewus van wat op ander webwerfe aangaan en wie wat kwytraak op watter forums, net vir die interessantheid ek het hierdie paragraaf vier keer uitgevee en oorgeskryf want ek dink voor ek goed kwytraak en ek dink nie ek is slimmer as my prokureur nie, so na vier nabetragtings gaan ek volstaan met “ek is deeglik bewus van alles wat rondom my aangaan”. Daar’s hy dis waarmee ek gaan volstaan, dis baie moeilik vir my maar ja dis vir nou dit1

Hey lekker naweek!

Wimpie

Ps: Hier is ‘n ou wat lekker Afrikaanse musiek maak en bewys jy hoef nie net van groente en vrugte en wyn in Afrikaans te sing nie. Dink ek het ‘n invite vir Piet van Wyk de Vries se CD launch iewers sal gaan krap ek sal graag gaan:

Sppel lekker hard:

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.