Commitments…

So dis ‘n baie groot week wat voorle met Aardklop in volle swang en my persoonlike lewe wat so bietjie besig is om uit te rafel.

Wian het vanoggend vroeg, saam met ‘n hele supportersklub, Kaapstad toe vertrek. My seuntjie neem aan die SA tuimelkampioenskappe in die mooiste Kaap deel en sy pa hou styf duime vas, nommer een dat hy sal goed doen en nommer twee dat ek al my werk klaar kry sodat ek daar kan wees om dit te sien.

Soos dinge maar gewoonlik gaan het Aardklop heeltemal te vinneg aangebreek en besef ek nou eers dat daar nog so baie gedoen moet word voor ek Woensdag die pad kan aandurf, daar is nog CD’s wat opgetel moet word, ek moet my klere in orde kry, bands wat wil weet wie sing waar en hoe laat en die lysie hou net aan en aan…

Ek het ‘n rowwe week agter die rug en ek is bevrees dit lyk nie vir my of die een wat voorle enigsins makliker gaan wees nie.

Ek het ook weer besef hoe maklik dit is om mense na aan jou seer te maak alhoewel dit glad nie die bedoeling is nie. Ek dink as mens eers op my stadium in die lewe kom, ek is nou al geruime tyd ‘n losloper en ek dink ek het ongelukkig bietjie selfsugtig geraak met die verloop van tyd.

Commitment is ‘n lelike ding en nie iets om ligtelik te oorweeg nie, die ander ding is om met my in ‘n commitment te wees verg hare op die tande, my werk is van so ‘n aard dat dit die hoogste vereistes aan commitments stel en dis iets wat ek baie ernstig moet oorweeg voor ek eers daaraan kan dink om die “settle” ding te doen en onregverdige druk op ander partye te sit.

Onregverdig? Miskien ja, dat ander mense om my seerkry is ook ‘n feit, dat ek nie heeltemal happy is daarmee nie is ook so….. maar dis alles feite wat ek nie van kan wegkom nie.

Wat gaan ek daaraan doen, jou raaiskoot is so goed soos enigeen s’n op die oomblik is daar net eenvoudig te veel wat aangaan en gebeur in my lewe om enigsins sin van enigiets in Wimpie se kop op die oomblik te maak.

Nou ja dis dit vir vandag.

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.