Ai, jaag ek weer aan!

So die CD launch het toe heel goed afgeloop, Firkin Centurion was gepak en dit was sommer baie lekker om weer in almal vas te loop, dankie vir almal wat my ‘n drankie gekoop het, dis julle skuld dat daar nie vanoggend geblog was nie…

Ek verneem gisteraand dat die CD reeds in Pretoria op die rakke is…awesome kry die CD jy sal nie spyt wees nie.

Ek hoop almal het darem gebraai gekry op braaidag, ek hoop nie ek het skandes gemaak in Pretoria nie, as ek het sorry julle dis maar wat gebeur wanneer jy ‘n Oos Rand Boytjie in die beskawing loslaat!

Saterdag is die Oos Rand launch van die CD by Firkin in Boksburg en as die groot kuier in Pretoria ‘n aanduiding is gaan daar ‘n reuse makiete in Boksburg gehou word, kom se gerus hallo en ondersteun Suid-Afrikaanse musiek.

Ek weet nie waar gaan ek volgende week tyd kry om te blog nie ek is Dinsdag en Woensdag saam Wian vir sy SA Gimnastiek kampioenskappe en dan is dit Aardklop toe tot Sondag….

Nou ja dit was ‘n rowwe week by die van der Sandt huis en ek het so ‘n gevoel ek gaan ‘n vakansie nodig he na volgende week maar dis maar hoe die lewe werk.

Het vandag die lug gesuiwer met ‘n ou vriend oor ‘n paar onsmaaklikhede en was bly om dit te kon doen.

Dis die regte manier van dinge doen as daar probleme is dan sorteer jy dit uit soos grootmense ek dink ek word oud of ouer want in die verlede was ek nie so mak nie maar nou begin ek dink die lewe is net te kort!

Geniet jouself ‘n awesome naweek en dan gesels ons weer Maandag, hoop om julle by die CD launch te sien, moenie vir my weer drank koop nie, ek het myself nog nooit dronk gesien nie maar die mense wat het se dis ‘n skrikwekkende gesig!

Voor ek vergeet dankie Da Mario vir die lekker kuier in Centurion was nice om jou weer raak te loop!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

Comments are closed.