Uiteindelik klaar!

Alles is klaar wat die CD/Dvd aanbetref, gemaster, geprint, ge-alles, ek het niks en niemand uitgesny nie en alles gehou soos dit was, ek is tevrede met die eindproduk en kan nie wag vir die eerste CD’s om in my hande te wees nie…

Terwyl ek gister na die CD by my huis luister kom dit by my op wat alles in so ‘n kort tydjie vermag is en ek voel trots, trots op almal wat deel was daarvan en sommer nog gaan deel wees daarvan in die toekoms…

Opslag reel ek ‘n braai by die huis en ek en Adolph omskep dit sommer in ‘n beplanningsvergadering vir die toekoms en waarheen ons oppad is, planne word gemaak en in werking gestel en ons is dit eens ons kan nie alles doen nie maar dit wat ons wel kan doen en wat binne ons beheer is gaan ons ordentlik aanpak.

Die televisie ding vir BOTB is nou eerste prioriteit noudat die CD afgehandel is teen Oktober moet alles in plek wees wat die TV program aanbetref en basta met die res…. Ons hou volgende week ‘n brainstorm oor dit en begin ernstig daaraan te werk…

Ek moet ongelukkig die CD cover en binne boekie eers laat convert van photoshop na ‘n jpeg file of so iets se hulle vir my voor ek die “images” hier kan publiseer, okay dan, dit gebeur vandag dan plaas ek dit more.

Die CD het beslis ten minste ses groot treffers op en ek wil nie dit spoil nie maar noudat dit gemaster is klink die CD vir my heeltemal anders, voller, nicer, ek weet nie dis miskien maar net vir my maar nou ja dis hoe dit klink.

Die volgende CD projek is Tertius wie se CD so halfpad klaar is, ek vat vandag ‘n breather en dan takel ek Tertius more, ‘n ander jong man het my ook kom sien en ek sien baie potensiaal in hom ook, sy naam is Ray, en dan is daar Motel Ink se CD waaroor ek net so opgewonde is en en en en en…

Dis ek vir vandag, lekker dag vir een en almal nie eers anonymous, LB, BD, XL, RLR, HB, WRR, BBK, KD, TD of enigeen gaan my vandag in ‘n slegte bui kry nie….

Die son is op en die voeltjies sing en dis omtrent al wat tel!

Wimpie

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

7 Responses to Uiteindelik klaar!

  1. nickey says:

    Baie Baie Dankie Wimpie

    Ek het vanoggend nou ors geniet, klink soos die ou Wimpie vol lewe en lag dit doen wondere aan n mens se dag ek voel ook sommer om die lewe vierkantig in die oe te kyk vandag!

    Snaaks hoe die Breakfast show n mens se dag maak of breek…….
    Yipeeeeeeeeeeeeeeee Wimpie is terug

    Nickey

  2. Wimpie van der Sandt says:

    dankie nickey!

  3. Anonymous says:

    Wonder wat maak Yolandi anders van die vorige girls. Even Wimpie se dogter like haar. Dalk vertel hy of sy ons binnekort. Maar genoeg van dit, wil nie Wimpie se goeie mood spoil nie.

  4. Anonymous says:

    Mense moet oppas wat julle hier op Wimpie se blog se, sommige mense gebruik dit as platform om mense te dagvaar en hof toe te sleep.Ek verneem Frans gaan “Die Brein” dagvaar oor wat hy Maandag kwytgeraak het.

    Maar ek sien Die Brein het op jou blog gister appologie aangeteken.

    Maar ja ek dink, liewer mense moet hier so min as moontlik se want,sommige mense kan nie bietjie kritiek hanteer nie.Waarom so swargallig wees.

    Wimpie mag jy nog `n baie groter sukses van alles maak en uitstyg.Maar hoekom nou die hofsaak dreigemente?Almal ken vir brein en vat dit maar met `n knippie sout.Brein ek like jou se dinge sedert SSSB,Steve het jou darem nooit gedreig met sake nie, hy het geweet hoe om dit te verwerk.

    Geniet dit Wimpels.

    Amanda.

  5. Anonymous says:

    Ek persoonlik dink as dit so aangaan gaan Wimpie besluit om glad nie meer te blog nie, en dit sal jammer wees, want mens leer soms iets van die lewe, mense en dinge wat hy op ‘n daaglikse basis skryf.

  6. Blou Bul says:

    Ja vrind brein het my gewys.Dis jammer as mense nie oop is vir kritiek nie.

    Soos jy se Amanda, mens moet dit verwerk en die beste dan daarvan maak, bewys ander beter.Maar ai dis sad en ek luister ook na ORS.

    Wimpie hoekom is julle so?

  7. Wimpie van der Sandt says:

    Julle ek weet nie eers van die hele frans/brein sage nie, ek weet nie waarvan julle praat nie…

    daar is al baie erger goed van my gese hehehe